Boewe stig straks brand PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 29 July 2013 00:26
Untitled Document

Dit word vermoed dat ‘n verwoestende veldbrand, onlangs op die Kaalfonteinhoewes naby Rayton, deur inbrekers gestig is in ‘n poging om hoewebewoners uit hulle huise te dwing en sodoende ongehinderd toegang te verkry.

Die brand het begin op die hoewe waar George en Sheila Goose en hulle seun en skoondogter, Johan en Magdel, in twee aangrensende huise woon.


‘n Sterk wind het die verwoestende brand aangeblaas
Foto’s: Johan Goose

Volgens Magdel is die kinders en kuiermense in een van die huise beveilig, voor die ander uit is om die brand te bestry.

Hulle het ‘n kennis, wat lid van die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is, geskakel en lede van die GPF en die plaaslike brandbestrydingsvereniging was gou op die toneel om teen die brand te help.


Mense van die omgewing was gou op die toneel om teen die brand te help

Magdel het ‘n foto op die Raytonse Facebook-gemeenskapsblad geplaas en mense van omliggende hoewes en uit die dorp het ook kom help om die brand, wat deur ‘n sterk wind aangehelp is, onder beheer te bring.

Later is ‘n plek in die veld, naby waar die brand begin het, gekry waar dit lyk of iemand gesit en wegkruip het.

 

© 2019 Die/The Bronberger