Groot kanonne skiet Cowboy-fliek op Cullinan PDF Print E-mail
News - Artikels
Monday, 24 June 2013 12:10
Untitled Document

Inwoners van Cullinan en Rayton gaan in ?n Amerikaanse cowboy-fliek verskyn. Die twee dorpies gons behoorlik oor die tonele van ?The Salvation? wat in di omgewing geskiet is.

Treinritte met ?n lokomotief uit die 1800?s is vanaf Cullinan tot Rayton-stasie afgeneem en die laaste week in Mei is die fasade van ?n ou ?cowboy-dorpie? langs die spoorlyn oorkant Zonderwater gebou vir sekere tonele.


Die produksie-dorp wat oornag langs die pad tussen Cullinan en Rayton verrys het

?n Tydelike produksie-dorp, kompleet met sekuriteitswagte by die toegangshek, is tussen Cullinan en Rayton gebou. Dit het bestaan uit ?n aantal woonwaens, ablusie geriewe, ?n reuse tent en kampe waar die perde aangehou is.

Tagtig mense is gebruik om hier as ekstras in die fliek op te tree. Die ekstras is R300 per dag betaal en plaaslike instaan akteurs R500.

?n Ander plek waar so ?n dorpie vir filmtonele gebou is, was op ?Nash?s Farm?, ?n bewarea in die Muldersdrif-gebied teen die Magaliesberge.


Mads Mikkelsen in die ?dorpie? wat vir ?The Salvation? gebou is

Deens
?The Salvation? het ?n Deense regisseur, Kristian Levring, bekend vir films soos ?Fear Me Not?. Hy het maande lank navorsing oor Suid-Afrikaanse akteurs met internasionale film- en televisie-ondervinding gedoen en het hulle eers aangestel nadat hy hulle persoonlik ontmoet het.

Kristian, wat al menige toekennings gewen het, het die film se draaiboek saam met mede-Deen en Oscar-wenner, Anders Thomas Jensen (?In a Better World?, ?Love Is All You Need?), geskryf. Die regisseur van kinematografie is die Oscar-genomineerde Jens Schlosser (?Deliver Us From Evil?).

Die vervaardiger is Sisse Graum Jrgensen, Cannes, Oscar en Golden Globe-wenner (?In a Better World?). Sisse vervaardig die film vir Zentropa Entertainments33 in medewerking met die Suid-Afrikaanse Spier Films en die Britse Forward Films met ondersteuning van die Deense Filminstituut en Deense uitsaaikorporasie, Nordisk, en die mediaprogram van die Europese Unie.


Eva Green en Mads Mikkelsen op die stel van ?The Salvation?

Sterre
Die sterre is Mads Mikkelsen en Eva Green. Die Deense Mads is die bekendste vir sy rol as die skurk wat James Bond in ?Casino Royale? aanvat, maar daar word ges dat sy beste rol tot dusver in die film ?Hannibal? was.

Eva het saam met Mads in ?Casino Royale? gespeel en sy is ook bekend vir haar rol in ?Dark Shadows?. Ander akteurs strek van Jeffrey Dean Morgan (?Watchmen?, ?Red Dawn?), Eric Cantona (?Looking for Eric?) en Mikael Persbrandt (?In a Better World?, ?The Hobbit: The Desolation of Smaug?), Douglas Henshall (?The Eagle?), Michael Raymond-James (?True Blood?, ?Jack Reacher?) en Jonathan Pryce (?Pirates of The Caribbean: The Curse of The Black Pearl?, ?Hysteria?, ?GI Joe Retaliation?).


Eva Green op stel

Saga
Die film is benvloed deur Nordiese en Viking sagas en die tydperk is Amerika in die 1870s. Die verhaal volg ?n setlaar in ?n korrupte gemeenskap wat wraak neem oor die moord van sy gesin. Toe die Deense immigrant John sy gesin se moordenaar doodmaak, het hy die woede van die berugte bendeleier Delarue ontketen. Die arme vredeliewende John word deur sy lafhartige gemeenskap verraai en moet die bendes aanvat om sy nedersetting van kwaad te reinig.

Die film word in Oktober 2014 vrygestel en sal vooraf by vanjaar se Berlyn- en Cannes-filmfeeste vertoon word.


Die strukture wat langs die spoorlyn oorkant Zonderwater gebou is

 

© 2019 Die/The Bronberger