News -
Ons Omgewing
|
Wednesday, 16 July 2008 02:00 |
Untitled Document
Mooiplaats se mense het voëlname gekies om hulle paaie opspoorbaar
te maak; mooi name van ‘grondvoëls’ wat in die omgewing
voorkom. Die padname is selfs in dié winter se ongemaklike eendeweer
maklik sigbaar. Die naamborde was die inisiatief van ’n baie bedrywige
veiligheidsaksie wat deur die gemeenskap in dié deel van die
Bronberg bedryf word. Een ou wat blykbaar nie veel sin aan grondvoëls
het nie, het besluit om die paadjie wat na sy plothuis lei “Meerkatpad” te
noem.
|
|