Rare witbos ?n goeie vonds PDF Print E-mail
News - Ons Omgewing
Monday, 24 June 2013 14:04
Untitled Document

Die witbos is een van die raarste boompies om in ?n kwekery raak te loop. Hy kan twee tot nege meter hoog word, maar kan drie tot sewe jaar neem om sy eerste meter te bereik. Kommersile kwekerye kan nie altyd bekostig om so geduldig te wees nie en die witbos word selde in voorraad gehou.
Tog is die witbos ?n algemene boom in die bosveld, beboste graslande, op die rand van woude en in klipagtige gebiede in ons kontrei.


Die witbos kan twee tot nege meter hoog word
Foto: Witbos Inheemse Kwekery

Sy amper vetplantagtige blare word deur wild gevreet en sy verpoeierde wortels is gebruik om sigorei te vervang. Wanneer sy vrugte ryp word, bly dit groen maar word sag en het ?n sterk soet reuk wat verskeie spesies vrugtevretende vols lok. Vlinders en ander insekte word ook deur die reuk gelok en die insekvretende vols volg kort op hulle hakke.

Di boompie spog met delikate wit blomme in die vroe lente van Augustus tot Oktober. Die vrugte volg daarna en bly aan die boom tot Desember. Di eetbare pruimagtige vrugte is gemiddeld 45 mm lank en liggroen met donker groen stroke.


Die witbos se spinnekopagtige blomme
Foto: ispotPrix Burgoyne

Die witbos, Maerua cafra, kry sy naam van sy ligte boomstam. Hy is die ideale struik in ?n gemengde heining en kan in semi-skadu of in diep skadu geplant word op ?n beskutte plek ? hy hou glad nie van wind nie.

Di stadig groeiende struik of boompie is droogte bestand en is geskik vir ?n klein tuintjie omdat hy glad nie ?n aggressiewe wortelstelsel het nie. Hy groei maklik van sade wat vars gesaai moet word. Die meeste van di sade sal ontkiem, en die jong plantjie moet in goed gedreineerde grond geplant word. As jy genoeg geduld aan die dag kan l, sal jy op die ou einde met ?n aanwins vir die tuin beloon word.

 

© 2019 Die/The Bronberger