Print E-mail
News - Ons Omgewing
Monday, 24 June 2013 14:03
Untitled Document

Al ooit gehoor van ?n roofvoŽl wat kan bloos? Die kaalwangvalk se ongeveerde gesig is gewoonlik geel, maar kan helderrooi word as die valk skrik of wanneer hy en ?n maat die ingewikkelde danse rondom broeityd uitvoer.

Die kaalwangvalk, Polyboroides typus, kan ?n aantal ongewone dinge regkry. Hy het ?n buitengewone vermoŽ om met die hulp van sy vlerke en lang dubbel gelede bene in bome te klim.


Volwasse kaalwangvalk
Foto: Wikipedia

Hy sal met een van diť handige bene aan ?n rotslysie of nessie hang en met die ander been krap tot hy ?n kuiken raakvat. Sy bene kan altwee kante toe buig om prooi diep binne-in holtes, krake en nessies by te kom.

Hy spesialiseer daarin om baie stadig te vlieg terwyl hy prooi op die grond soek en kan baie groter lyk as wat hy is. Hy is ?n medium grootte roofvoŽl van 60-66 cm, maar sy breŽ vlerke, lang stert en lang bene kan van hom ?n formidabele figuur maak.


?n Jong kaalwangvalk
Foto: Wikipedia

Prooi
Anders as ander roofvoŽls, is kaalwang se kind nie ?n baie kragtige voŽl nie, en vang maar meestal prooi wat omtrent so groot soos ?n akkedis is. Hy vreet kuikens, knaagdiere, insekte en klein reptiele, maar in sekere dele van sy verspreidingsgebied sal hy palmvrugte vreet.

Die maklikste manier om diť valk uit te ken, is aan sy lang, kaal, geel bene en gesig. Die kaalwangvalk se rug, kop en bors is liggrys. Die pens is wit met fyn donker dwarsstrepe. Die breŽ vlerke is liggrys met 'n swart rand, omring met 'n smal wit lyn. Die stert is swart met 'n prominente breŽ wit band, waaraan hy maklik in vlug uitgeken kan word. Die mannetjie en wyfie lyk eenders maar onvolwassenes is ligbruin in plaas van grys.


?n Kaalwangvalk besig om in ?n voŽlnes te jag
Foto: Wikipedia

Broei
Die broeiseisoen is van Augustus tot Desember. Diť valke voer ingewikkelde hofmaak-dansies in die lug uit. Aan die begin van die seisoen kan jy ?n paartjie rustig in die lug sien sweef en skielik sal hulle vertoonvlugte, wat uit duike en vinnige opwaartse bewegings bestaan, begin uitvoer terwyl hulle uitgerekte fluitgeluide maak. Die vertoning eindig gewoonlik met ?n lang sweeftog na die nes se omgewing.

Die nes word deur beide mannetjie en wyfie binne ongeveer 30 dae gebou. Dit bestaan ​​uit 'n platform wat omtrent 75 cm by 20 cm groot is. Die stokneste word met blare uitgevoer en word in die vurk of die kroon van 'n boom gebou, maar kan ook in grotte of tussen die basis van 'n bos en 'n krans gebou word en hulle sal ook ander voŽls se neste oorneem.


?n Kaalwangvalk in vlug
Foto: Hermanus Bird Club

Eiers
Die wyfie lÍ gewoonlik twee wit eiers wat prominente donker rooibruin merke op het. Beide ouers broei vir ongeveer 35 dae. Die oudste kuiken, wat ?n dag vroeŽr kan uitbroei, maak soms die jonger kuiken dood, selfs al kry hy genoeg kos en hou die ouers toesig.

Die kuikens word aanvanklik deur die mannetjie gevoer terwyl die wyfie die eerste week van hulle lewe by hulle bly. Daarna bly sy naby aan die nes om hulle te beskerm.

Kuikens verlaat die nes wanneer hulle ongeveer 45-55 dae oud is maar bly gedeeltelik van hul ouers afhanklik vir nog 10 dae.

 

© 2020 Die/The Bronberger