Muskeljaatkat gemaklik in Lynnwoodrif PDF Print E-mail
News - Ons Omgewing
Monday, 24 June 2013 14:02
Untitled Document

Die Groesbeeks van Lynnwoodrif is onlangs verras met ?n ongewone nagbesoeker. ?n Kleinkolmuskeljaatkat het hom in een van die bome in hulle tuin tuis gemaak.

Isabel Groesbeek wonder of ander mense in die omgewing ook deur di kat besoek word. Hulle woon in Lynnwoodrif uitbreiding twee, tussen Eastwood Kantoorpark en Lots of Pots kwekery suid van Lynnwoodweg.

In die hoewegebied word di katte meer gereeld gesien. Mandie Jacobs van Tierpoort s dat hulle gereeld besoek word deur ?n kleinkolmuskeljaatkat en Helena Potgieter van Tweefontein s ook hulle sien di katte gereeld. Helena het onlangs een langs die Boschkoppad gekry waar hy doodgery is.

Dit is nie altyd maklik om binne ?n oogwink die verskil tussen ?n kleinkol- en grootkolmuskeljaatkat te sien nie. Die kleinkolmuskeljaatkat het klein kolle, swart agterpote, ?n wit stertpunt en ?n kuif swart hare vanaf die skouers tot by die stertbasis.

Die grootkolmuskeljaatkat (of rooikolmuskeljaatkat) het groter kolle, agterpote wat nie swart is nie, ?n swart stertpunt en geen dorsale kuif tussen die skouers en die stertbasis nie.


Isabel Groesbeek

Muskel
Die kleinkolmuskeljaatkat of kleinkolmuskejaatkat, Genetta genetta, kry die ?muskel? deel van sy naam van die reukkliere naby sy geslagsdele wat ?n blywende muskusreuk afskei wanneer hy ?n gebied merk of selfs wanneer hy skrik.

Di katte weeg 2 kg, is 95 cm lank en staan 20 cm hoog. Hulle is uitsluitlik naglewend en vang ander klein soogdiere, veral knaagdiere, sowel as vols, reptiele, skerpioene, insekte, spinnekoppe, visse, krappe en sal ook soms padda's vang en vreet.

Kleinkolmuskeljaatkatte hou daarvan om in bome rond te beweeg en sal kuikens uit neste opraap. Hulle is sluipjagters, pen die prooi met skerp kloue neer en dood die prooi met 'n vinnige byt aan die nek. Op die grond draf hulle met ?n lang, stywe stert agter hulle.

Di katte is glad nie gewild onder pluimveeboere nie. Wanneer hulle in ?n hoenderhok beland, sal hulle baie meer hoenders doodbyt as wat hulle kan opvreet.


Die kleinkolmuskeljaatkat l opgekrul in ?n boom op die Groesbeeks se erf in Lynnwoodrif
Foto: Isabel Groesbeek

Kleintjies
Die wyfie is vir 10 tot 11 weke dragtig waarna twee tot vier kleintjies gebore word. Sy het net twee pare buiktepels. Die kleintjies word blind en hulpeloos gebore en hulle ogies gaan na agt dae oop. Hulle woon in hol boomstompe, onder rotsstapels of in ou erdvarkgate of springhaasgate.

Kleintjies word na nege weke gespeen, alhoewel hulle voor dit vaste kos begin vreet. Hulle bly in of naby die nes totdat hulle self voedsel kan vang en word eers na ?n jaar as onafhanklik beskou.

Alhoewel dit nie wettig is om ?n wilde dier sonder lisensie aan te hou nie, word weeskatjies gereeld as troeteldiere gekoester. Hulle word met verdunde ingedampte melk grootgemaak en kan geleer word om sandbakke te gebruik, maar die klein mannetjies begin reeds van ongeveer 12 weke oud die huis merk.

'n Kleinkolmuskeljaatkat leef 12 tot 13 jaar, maar is ongelukkig van die algemeenste wilde diere wat snags doodgery word. Voertuie se ligte verblind en verwar di katte en hulle hardloop dan weg van hulle skaduwees, reg in die aankomende voertuig se pad in.


Die kleinkolmuskeljaatkat het swart agterpote, ?n wit stertpunt
Foto: mywild

 

© 2019 Die/The Bronberger