?Ambassadeurs? weg onder ?n donker wolk PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 24 June 2013 14:01
Untitled Document

Die 200 sogenaamde ?toerisme ambassadeurs? wat vir tien maande in Cullinan en omliggende gebiede ontplooi was, is teen die einde van April onder ?n donker wolk weg.

?n Groep van die ?ambassadeurs? is op ?n veiligheidskamera betrap waar hulle by ?n huis ingebreek het. Blykbaar wys die beeldmateriaal hoe twee van hulle buite wagstaan terwyl twee ander by die huis inbreek en gesteelde goedere uitdra.

Die beeldgehalte op die opname is nie goed nie en net een van die inbrekers is in hegtenis geneem en van diefstal aangekla.

Inwoners van die omgewing waar die klomp ?aan diens? was, s dat inbrake en diefstal toegeneem het sedert hulle ontplooi is.

Een van die doelstellings van die ambassadeurs-projek was om veiligheid in die gebied te bevorder en misdaad teen te werk.


Toerisme ambassadeurs besig met hulle dagtaak in Cullinan

Die projek van die Gautengse Toerisme Owerheid (GTO) was bestem om tot die einde van Julie te duur en dan was daar sprake daarvan dat dit vir ?n verdere jaar verleng sou word. S het ?n woordvoerder van GTO in Augustus verlede jaar aan Die Bronberger ges.

Di maand het Dumisani Ntshangase, ?n adjunk-direkteur van GTO wat gemoeid was met die projek in Dinokeng, ges dat die projek nooit bestem was om die einde van Julie op te hou nie, maar dat dit in April vir ?sommige van die ambassadeurs? sou ophou.

Hy s dat dit lyk of daar nie fondse beskikbaar is om die projek met ?n verdere jaar te verleng nie, maar as die nasionale departement van toerisme sou besluit om voort te gaan, sal hulle (GTO) met graagte daarby inval.

?n Ander doelstelling van die projek was om werklose jong mense in ?n toerisme-omgewing op te lei sodat hulle toegerus is om permanente werk in die toerismebedryf te kry. Volgens Dumisani het die projek self niemand in poste aangestel nie, maar sommige van die ambassadeurs het wel permanente werk binne en buite die toerismebedryf in Dinokeng en elders gekry. Hieroor is die GTO baie bly.


Die groepie het erg omgekrap geraak toe ?n foto destyds van hulle geneem is. Een het die voertuig se registrasienommer afgeskryf en gedreig: ?We will get you!?

Die algemene gevoel onder sakemense en inwoners van die gebied oor die projek, is dat dit ?n mors van geld en tyd was. Mense van Cullinan waarmee die Bronnie verlede jaar gepraat het, het ges dit is ?n mors van belastingbetalersgeld en dat die klomp baie sigbare ?leeglers? eerder die beeld van toerisme en van die dorp skaad as bevorder.

Dit was die bedoeling dat die werkers toeriste sou bystaan en inlig oor besienswaardighede in die gebied. In werklikheid het hulle dae en weke aaneen in groepies gestaan en gesels, dikwels waar geen toeris hom of haar ooit sal bevind nie. In gevalle waar van hulle wel genader is, was hulle erg oningelig en soms onbeskof en selfs aggressief.

Die projek is uitgekontrakteer en deur ?n private ondernemer bedryf. Elk van die 200 ambassadeurs het na verneem word R120 per dag as vergoeding ontvang.
Op ?n vraag of die GTO die projek as geslaagd beskou, het Dumisani ges al die ?belanghebbendes? was so teleurgesteld dat die projek tot ?n einde gekom het. Almal het net positiewe menings oor die projek gehad.

?Ons is oortuig daarvan dat die projek ?n positiewe bydrae tot veiligheid en toerisme in Dinokeng gemaak het en in sy doelwitte geslaag het,? het Dumisani ges.

 

© 2019 Die/The Bronberger