Spertyd vir kommentaar oor Bashewa-motorhawe PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 24 June 2013 12:00
Untitled Document

Die afsnydatum vir kommentaar oor Bashewa se beplande motorhawe op plot 151 is om die draai.
Geregistreerde belanghebbende partye kan tot 22 Julie kommentaar lewer op die konsep basiese ramingsverslag vir die voorgestelde motorhawe wat ‘n klein werkswinkel, ‘n winkel vir gebak of ‘n restaurant vir wegneemetes en ‘n outomatiese banktellermasjien insluit.

Diť kommentaar sal opgeneem word in die finale basiese ramingsverslag wat aan die Gautengse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling voorgelÍ gaan word.


Noord-westelike uitsig
Foto: Interdesign

Die verslag sluit onder andere die volgende in: die voorgestelde uitleg en kaart wat die ligging aandui; foto’s van die perseel; illustrasies van fasiliteite; inligting oor die roete; openbare deelname-inligting; watergebruiklisensie en dienstebriewe van munisipaliteite; ‘n gedenkwaardigheids-impakverslag deur dr J van Schalkwyk; verkeerstudies deur Corli Havenga Vervoer Ingenieurs; ‘n diensteverslag deur Makarios Konsultante; en geotegniese en ‘n hidro-geologiese studie deur AMB Ingenieur-geoloŽ.
Interdesign Landscape Architects (ILA) is deur die Van der Merwe Familie-trust aangestel om as onafhanklike omgewingskonsultante op te tree in die projek.


Noord-oostelike uitsig
Foto: Interdesign

Ligging
Plot 151 is aan die suidekant van Garstfonteinweg-verlenging (K50), 5 km wes van die kruising met die Bapsfontein-Bronkhorstspruitpad (R25). Dit is reg oorkant die Bashewa Koopsentrum wat bestaan uit kantore, ‘n drankwinkel en supermark.

Die voorgestelde motorhawe is tussen die bestaande een by die Tierpoort Koopsentrum, ongeveer 6 km verder wes, en die MBT petrolstasie op die R25, ongeveer 5 km verder oos. Die motorhawe en winkel sal 24 uur per dag, sewe dae per week oop wees.

‘n Openbare motorhawe is deur die Nasionale Omgewingsbestuurswet as ‘n aktiwiteit wat moontlik ‘n negatiewe impak op die omgewing kan hÍ, geÔdentifiseer. Daarom vereis die wet dat ‘n omgewingsimpakstudie gedoen moet word voor die ontwikkeling mag plaasvind.


Die ligging van die voorgestelde motorhawe op plot 151, Bashewa, langs Garstfonteinweg-verlenging

Studies
Sulke studies moet gedoen word vir die konstruksie van geriewe of infrastruktuur vir die berging of hantering van potensieel gevaarlike middels in houers met ‘n kapasiteit van 80 tot 500 kubieke meter.
Die studies moet ook gedoen word waar onontwikkelde grond omskep word in residensiŽle, kleinhandel, kommersiŽle, ontspanning, industriŽle of institusionele gebruik buite ‘n stedelike gebied waar die totale gebied wat omskep gaan word groter as een hektaar is; waar paaie verbreed word; of waar grond met hoŽ landbou-potensiaal ontwikkel word.

Vir meer inligting, kontak Shalini Chetty van ILA by tel: 012-348-1922 , faks: 012-348-7154 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger