Antiek-mark op plot lok stedelinge Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 16 July 2008 02:00
Untitled Document

Stedelinge is deesdae nie meer bang om die hoewegebied binne te vaar nie. Veral nie as hul op jag is na versamelgoed op’n antiek- en kunsmark nie. Klip Klap antiek- en kunsmark word elke derde Sondag van die maand, vanaf 9 vm tot 3 nm, op ’n hoewe in Leanderstraat 78A, Olympus gehou. Die datums vir die volgende markte is 20 Julie, 17 Augustus, 21 September, 19 Oktober, 16 November en 18 Januarie.


’n Belangstellende kyk na die ware wat boek- en kultuurkenner, Dr Hans De Kramer, kom uitstal het. Ons hoor ’n voëltjie fluit dat iemand ’n paar besonderse Afrikana boeke ryker is.
.
.

Burt Coetzee, ’n prokureur van Garsfontein, sit saam met sy vrou Bettemarie op ’n antieke bankie wat hy as geskenk vir haar gekoop het by Klip Klap se antiek- en kunsmark. Agter staan Pieter Botha wat die mooi ou-goed die hele pad van Bloemfontein af gebring het om Bronbergers se harte te kom bly maak.
 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger