Antieke roosbome ontdek in historiese tuin Print E-mail
News - Toeka se dae
Tuesday, 28 May 2013 15:24
Untitled Document

Elsabé Maré

Die oorspronklike McHardy Huismuseum-tuin van toentertyd is per toeval herontdek.

Werner Schellack, toergids by die museum op Cullinan, het ‘n pers blom tussen toegegroeide struike gesien. Hy en sy werkers het die gebied wes van die huis oopgekap en skoongemaak en in die proses drie baie ou roosbome ontdek.


Werner Schellack by die drie ou roosbome

Werner het al ‘n geruime tyd die tuin onder hande geneem en vir die laaste twee jaar kan ‘n mens ‘n duidelike verskil sien. Daar pryk nou ook ander blomme soos die oranje swaardlelies en twee “seeroog-plante” soos hy hulle noem, wat vandag nogal skaars is.


Die oorspronklike tuin

In die somer blom die pragtige roostuin oos van die museum. As jy gelukkig is kan jy dan selfs ‘n plantjie van die eeufees-roosboom koop wat met die diamantmyn se honderdjarige bestaan geplant is.


Die McHardy-huis in toeka se dae

Die McHardy Huis is die eerste huis wat op Cullinan gebou is. Dié huis is in 1903 vir die Premiermyn se eerste bestuurder, William McHardy, gebou en die museum spog vandag met die McHardy-gesin se oorspronklike meubels, ornamente, kombuisware en foto’s.


Die dik stam van een van die ou roosbome, met die McHardy-huis in die agtergrond

 

 

© 2024 Die/The Bronberger