Spoedwal op plotpad laat kar rol PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 16 July 2008 00:00
Untitled Document

Die ongelukstoneel in Saintstraat, Zwavelpoort. Binne oomblikke was daar etlike mense en selfs ?n insleepvoertuig op die toneel.

Soos die verkeer op die grondpaaie van die Bronberg toeneem, is dit te verwagte dat ongelukke ook sal gebeur. Dit sal veral gebeur omdat baie mense wat deesdae grondpaaie hier gebruik, geen ervaring van stofpadry het nie en dikwels teen teerpadspoed op die paaie jaag.

Die bestuurder van dié rooi motortjie het beheer oor die kar verloor nadat hy op 9 Julie ’n tuisgemaakte spoedwal in Saintstraat getref het. Die kar het gerol en op sy dak teen ’n wal af geskuur waar dit die Du Plessis se swaar palisadehek getref en uit sy skarniere geruk het.

Die jong man van Montana wat die kar bestuur het, het ligte beserings opgedoen. Hy het blykbaar nie ’n lisensie gehad nie en dit was sy meisie se voertuig. Volgens inwoners is dit die eerste ongeluk wat op dié eens stil grondpad gebeur het. Die spoedwalle is deur inwoners self in die pad gemaak in’n poging om voertuie wat stof opskop te laat stadiger ry.


Dié voertuig het gerol nadat die bestuurder die spoedwal teen ’n hoë spoed getref en beheer verloor het.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger