Spoordiefstal laat TV-span busry Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 28 May 2013 15:03
Untitled Document

Valiant Swart en ‘n produksiespan het Cullinan op 4 Mei besoek met die maak van die splinternuwe reis-reeks vir SABC2, genaamd Mooiloop.

Die plan was om met die historiese stoomtrein van Friends of the Rail tot op Cullinan-stasie te ry, maar 16 treinspore is tussen Cullinan en Rayton gesteel. Die televisiespan is op die dag van die Cullifest vanaf Rayton-stasie met busse na Cullinan aangery.


Andre de Beer van The Cockpit Brewhouse en Valiant Swart
Foto: The Cockpit Brewhouse

Valiant is bekend as plaaslike Afrikaanse musikant wat ook in die dramareeks, ‘Song vir Katryn’, gespeel het. In 2001 het hy ‘n 13-episode dokumentêre reeks oor Amerikaanse ‘Blues’ musiek aangebied.

Valiant is mede-aanbieder saam met sy vriend Gerrit Rautenbach, reisiger, avonturier, reisskrywer en eertydse redakteur van Wegbreek/Mooiloop.

Mooiloop is ’n reis-reeks van 26 episodes wat plaaslike voorstede, dorpies en feeste dek. Dié program gaan Pasella vir ‘n seisoen vervang. Die laaste Pasella is op 22 Mei en Mooiloop begin Woensdag, 29 Mei om 7.30 nm op SABC2.

 

 

© 2020 Die/The Bronberger