Het jy gehoor? / Have you heard? - Apr 2013 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 29 April 2013 12:54
Untitled Document

Did you know about the existence of the Bronberg weather station? You can look at live weather conditions for Bashewa/Tiegerpoort at www.bashewa.com. Apart from detailed weather and UV forecasts, on this website you will also find sections detailing rainfall history, trends, historical data, cloud cover, night sky, moon phases, meteor showers and even fire risk.

xxx

Verlede maand het ons berig dat prof PL Steyn van Mooiplaats se plante en bome, selfs ‘n groot ou kareeboom, besig is om te vrek. Dit lyk asof hulle onkruiddoder-skade kry. Intussen het Faan Roux van plot 83, Tierpoort (langs Leribisi) laat weet dat hulle daar dieselfde verskynsel ervaar. Groot doringbome, wattelbome, dennebome en selfs lusernbome vrek binne ‘n week nadat dit begin lyk of hulle droog word. Faan dink nie dat dit onkruiddoder-skade is nie, en sê dat die ondergrondse water getoets moet word. Hy vermoed dat die ondergrondse water suur is en vra of mense in dié omgewing al hulle boorgatwater laat toets het. As enige iemand anders dié probleem ervaar, laat weet ons by 012-734-0522.

xxx

Lynette Tolmay vertel dat bure in die Doringkraal-omgewing naby Cullinan so paar jaar gelede begin veg het teen ’n aansoeker wat ’n vliegveld wou begin. So ver bure kon vasstel is die omgewingsimpakstudie toe nooit gedoen nie, maar nou verneem hulle dat die mense wel voortgaan met hulle planne om loodse te bou, verblyf vir vlieëniers, ’n brandstofopgaartenk, klubhuis met kroeg, en bane vir ‘quad’ fietse. Volgens Lynette sê die ontwikkelaar dat die wet nou verander het; hy het nou toestemming en selfs ’n lisensie om brandstof te verkoop. Sy sê dit blyk of die aansoek deurgegaan het, omgewingsimpakstudie of te not, sonder dat die belanghebbende partye geraadpleeg, of hulle besware in ag geneem is. “In die ou dae van ‘Peri Urban’ beheerrade kon ek nie eers ’n toilet op my plaas bou sonder dat dit ondersoek word nie,” sê Lynette.

xxx

Vir diegene wat wonder hoe dit deesdae met Hans Lombard, voorheen van Bronberg Lodge, gaan: Hans is nou heeltemal blind en hy en Alida het onlangs by Ruimte, ‘n SAVF ouetehuis in die noorde van Pretoria ingetrek. Die ouetehuis het ‘n bussie waarmee Hans en Alida gratis hospitaal toe ry. ’n Dokter doen huisbesoek, ’n noodhulpvrou help uit en as hulle probleme met hulle SASSA pensioen het, gaan iemand van SASSA hulle by die ouetehuis sien. Alida sê dat daar spanne vrywilligers is wat met daaglikse take help en dat sy en Hans by die groenteskilspan aangesluit het, want hy kan darem nog groente skil al is hy blind. Sy sê dat hulle dit geniet om daar te bly: hulle eet in die eetsaal, gesels lekker met almal en Vrydae is dit sosiale dag; ‘n sanger tree op en ‘n dominee preek.

xxx

Dit was ‘n hartseer dag toe Cullinan se historiese ‘Rec’ klub-kuierplek weereens toegemaak het. Het jy gehoor dat hy weer gaan oopmaak? En dat die mense wat die statige ou gebou in ‘n spoggerige lokaal vir funksies en troues gaan omskep niemand anders is nie as die nimlike egpare Philip en Wilma Fourie, en Ricus en Annie Boshoff wat OppiStasie in Cullinan, en Kitty Hawk se klubhuis in Boschkop bedryf.

xxx

Misty Meadows Equestrian Centre presents a Winter Training Jumping Show for adult, junior and pony riders as well as a Graded Jumping Show on Saturday 27 April from 8.30 am. Misty Meadows is on plot 175, Rietfontein. For more information, call 012-941-0590.

xxx

Die jaarlikse Cullifest is op Saterdag 4 Mei van 9 vm op die Cullinan-rugbyveld. Kunstenaars tree deur die dag op en Sorina (Flooze van 7de Laan) sing om 12 uur en Heinz Winckler 8 nm. Vanjaar heet dié fees die Protea Cullifest en uitstallings met plante, blomme en foto’s vorm deel van die dag. Blomme en plante sal te koop wees. Toegang is R30 vir volwassenes en R10 vir skoliere. Vir navrae skakel 012-734-1445.

xxx

‘Fijnwyn’ is die naam van ‘n Kos en Wynfees wat op 1 Mei van 10 vm tot 7 nm by Shokran in Tierpoort gehou word. Toegang is R80 vir volwassenes, R40 vir kinders tussen 12 en 18 en gratis vir kinders onder 12 jaar oud. Jou toegangsfooi sluit die wynproe en ‘n glas in. Ander dinge om na uit te sien is die deli kosstalletjies, musikante, vermaak vir kinders en die oes van pekanneute. Skakel 082-335-5659.

xxx

There has been an onslaught of mining applications in and around conservancies. The Cullinan Conservancy has arranged with a consultancy group to hold a workshop on Saturday morning 4 May to inform landowners what their rights are, and to understand the Act better. The wider community is invited to attend. Contact Joan-Louise du Toit from the Cullinan Conservancy at 082-681-5122 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

xxx

AfriForum het betroubaar verneem dat 81% van die mense wat einde verlede jaar deelgeneem het aan die Tshwane Metroraad se openbare deelnameproses oor Pretoria se naamsverandering, die naam wil behou. Slegs 19% het aangedui dat Pretoria se naam na Tshwane moet verander.

xxx

Radio Pretoria is by die jaarlikse MTN Radio Toekennings bekroon met die ‘My Stasie Toekenning’ as die radiostasie met die mees lojale luisteraars. Die prys is toegeken aan die stasie wat die meeste stemme in verhouding tot sy amptelike luistersyfers gekry het. Radio Pretoria se luistersyfers het vanaf 2011 tot einde 2012 tot meer as 170 000 gegroei, vanaf slegs 50 000 in Junie 2010.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online