Hendrik Ver Loren Van Themaat issued a warning to anybody using the
?drift? through the Zwavelpoort spruit at his plot, number 124, Zwavelpoort.
Be on the look-out for suspicious young guys sitting near the drift
area. It seems as if they?re throwing nails in the road to cause punctures
which would stop cars next to the road. Earlier this year, three guys shot
at and lightly wounded the brother of one of Hendrik?s tenants. He was
pulled out of the car and the robbers drove away at high speed. It happened
between the drift and Hendrik?s gate. The vehicle was later
recovered in Tembisa.
xxx
?n Kuiergroepie manne het onlangs in een van die Bronberg se watergate
oor hul vrouens gesit en skinder. Die een sê dat sy vrou nou regtig oud
word. Sy het so baie plooie, sy skroef deesdae haar hoed op. ?n Ander sê
toe dis nog niks. Al waarin sy vrou belangstel is haar katte. Maar sy is so
lelik, as sy op die sand sit wil die katte haar toekrap.
xxx
Die onaardse lawaai van ?crushers? wat deesdae in Zwavelpoort suid van
die berg weergalm, kom van plot 105 af. Ons hoor dis Karee Roads wat
hier klippe kraak vir ?n padkontrak. Blykbaar is dit hoekom hulle die
legendariese slegte pad deur die drif in die Zwavelpoortspruit geskraap
het ? sodat die trokke wat gruis vervoer, heen en weer kan ry vanaf
Lynnwoodweg.
xxx
Diegene van julle wat binne die grense van die Kungwini plaaslike munisipaliteit
woon, moet nou nie te veel lag as julle die munisipaliteit se
amptelike ?visie- en missie-verklaring op hulle webtuiste lees nie. Dit lui:
?Visie: ?n Lewensvatbare munisipaliteit wat gehalte en volhoubare dienste
lewer. Missie: Om toeganklike, bekostigbare en gelykmatige dienste aan
die gemeenskap op ?n volhoubare basis deur bekwame personeel te
lewer.?
xxx
Ons het die volgende briefie uit Tzaneen se wêreld oor Die Bronberger
se nuwe webwerf ontvang:
?beste oom bromberg
my pa is baie bly oor dié saait. hy sê nou kan hy so dan en wan homself
van die laeveldse gewoel losmaak en op oom se saait die rustigheid van
die landelike leefwyse beleef. virtueel seg hy. ons het eers baie vir my
oupa daar op oom se dorp gaan kuier, ma? nou wil my pa nie meer nie.
hy sê die verkeer is te erg en hy raak boureerd daarvan. die laaste keer
wat ons daar verby is het my ma gemaak lat my pa amper die kombi by
die planetarium in jaansberg omgegooi het. hy praat nie meer met haar
nie, oom.
stuur al my liefde vir die ou antie.
hennerietjie?
xxx
?Vanoggend is dit behoorlik koud. Ja, nee, dit is omtrent ?n halfduim
koud,? kla ou Fanie onlangs teenoor die manne in ?n plaaslike kuiergat.
Dis toe dat Gert Mossie op Fanie se battery mors en sê: ? Só koud het ek
nog nie naastenby gekry nie . . .? |