Moreletakloof kry geriewe PDF Print E-mail
News - Ons Omgewing
Monday, 29 April 2013 14:45
Untitled Document

Bouwerk aan ‘n voëlskuilte en rusdek met toiletgeriewe by die Moreletakloof natuurreservaat het op 25 Maart begin. Parkeerplek vir gestremdes sal daarná ingerig word.

Vriende van Moreletakloof sê dat die eerste fase van die projek ‘n droom is wat uiteindelik waar word. Die nuwe geriewe sal besoekers, van voëlliefhebbers tot stappers, skoolgroepe en die wat in die koeltebome rondom die Rademeyerspruit wil ontspan, se uitstappie gemakliker maak.


‘n Staproete in Moreletakloof

Op 25 Maart het die vriende die palisade-heining rondom die reservaat in Moreletapark begin verf. Hulle bedank almal wat donasies gemaak het om die projek moontlik te maak en ook die Tshwane Natuurbewaringsafdeling vir die instandhouding van die paadjies en versorging van die diere.

Vriende van Moreletakloof gaan in die vervolg praatjies in die reservaat aanbied. Vir meer inligting, kontak hulle by 082-927-4673 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger