Ou Bronkie-pad is oop PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 29 April 2013 14:42
Untitled Document

Die ou Bronkhorstspruitpad is oop. Motoriste is vir bykans ‘n jaar lank daagliks vir tot 20 minute in
stop-ry oponthoude op dié pad vertraag.

Die rekonstruksie en verbreding van 43 km van die R104 tussen Pretoria en Bronkhorstspruit kos
R1 86,7 miljoen. Die hoofkontrakteur was Concor Roads & Earthworks met Royal HaskoningDHV as konsultant.

Die R104 is in die Tweede Wêreldoorlog, vanaf 1943, gebou, waarskynlik deur Sappers. Die pad was aanvanklik 5,5 m breed en is later verbreed tot 6,6 m. Dit is nou nege meter breed, bestaande uit twee bane van 3,7 m elk en twee padskouers, elk 0,8 meter breed met 1,7 m wye gruis padskouers.


Andre Olivier, opsigter: verkeersbeheer, en sy span wat die ou Bronkhorstspruitpad tot by die
vierrigting-stop met die Rayton/Cullinan/Kemptonparkpad voltooi het
Foto: Nikki De Pina

Jay Juganan, kontrak direkteur van Concor Roads & Earthworks, het verduidelik dat die kontrak afgeskaal is. Oorspronklik sou die afrit tussen die N4 en K69 ook opgegradeer word, wat nie gebeur het nie.

‘n Verdere afskaling het probleme met waterlisensies behels en die vier brugstrukture op dié pad is nie opgegradeer nie. Waterlisensie-probleme het ook die konstruksie van duikslote beïnvloed. As die lisensies goedgekeur word, sal die span ná die projek moet terugkeer om die duikslote te verbreed.

 

© 2019 Die/The Bronberger