Katastrofe dreig by Refilwe PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 29 April 2013 14:42
Untitled Document

‘n Katastrofe dreig om Machaka View en Refilwe Uitbreiding vier te tref. Die slikdam van die myn se watervlak is nader as 30 meter van die naaste huis en as die watervlak verder styg, sal besoedelde water die inwoners se huise bereik.

So sê Raadslid Danie Erasmus ná besoeke aan die gebied. Hy sê dat inwoners van Machaka View, wat grens aan die Refilwe Watersuiweringswerke, gekla het oor 'n deurlopende stank wat van die aanleg af kom.


Danie Erasmus

Danie het die aanleg besoek en het gevind dat die slegte reuk reeds vanaf die hoofpad merkbaar was.
“Toe ek by die aanleg parkeer was die stank oorweldigend. Ek kan verstaan ​​hoe onaangenaam dit moet wees om langs so ‘n installasie te woon.”

Hy het gesien dat rou riool op die grasperk onder die sirkuleerders gestort is. Danie het met ‘n opvolg-besoek gevind dat die aanleg steeds sonder die twee verhelderingspompe en sirkuleerders funksioneer, maar dat die riool op die grasperk intussen opgedroog het.

Volgens Danie is daar geen beplanning in die Mediumtermyn Inkomste en Uitgawe Raamwerk (MTIUR) om die water te suiwer en na drinkbare status te reinig nie. Hy sê dat miljoene liters water hier gesuiwer kan word indien die gesuiwerde drinkwater in ‘n nabygeleë reservoir vir gebruik gepomp kan word.

 

© 2019 Die/The Bronberger