Bronbergers baat by nuwe gratis forum PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 16 July 2008 00:00
Untitled Document

Het jy al Die Bronberger se elektroniese gemeenskapsforum gaan besoek by www.bronberger.co.za? Diť forum is ?n gratis diens aan die gemeenskap. Dit kan baie doen om misdaad hok te slaan, brande te bestry en sake van algemene belang onder die aandag van die gemeenskap te bring.

Siende dat Die Bronberger slegs een maal ?n maand op straat verskyn, bied diť forum ?n meer onmiddellike manier om te kommunikeer. Deur die forum gereeld te besoek kan jy op die hoogte bly van wat in die gebied gebeur, soos dit gebeur.

Bronberg-inwoners kan hier inligting deel met mekaar, help om mekaar te waarsku oor gevaarlike toestande, heiningdrade wat geknip is, brande wat uitbreek, verdagte voertuie in die omgewing en selfs om inligting te verskaf oor verlore diere en ander voorvalle waar ons mekaar kan help.

Ons wil dit graag ?n geslote forum vir Bronbergers hou en dit is hoekom ?n mens moet registreer. Dit werk so: Kyk bo aan die tuisblad. Tweede van regs af is ?n afdeling wat sÍ Gemeenskapsforum / Community Forum. Kliek daarop.

Daar maak dan ?n afdeling oop wat vir jou vertel waaroor die forum gaan. Onderaan sÍ dit ?click here to register?. En moenie dink dat jy ellelange vorms hoef in te vul nie. Jy vul net jou e-pos adres en gebruikersnaam in en ?n e-pos word na jou eie inbus gestuur met ?n skakel. Kliek op die skakel en jy word outomaties as geregistreerde gebruiker terug na die webwerf geneem.

Nou gaan jy egter ?n paar nuwe goed sien wat besoekende gaste nie op die webwerf kan sien nie. Links onder sal jy die gemeenskapsforum kry. As jy daarop kliek kry jy twee afdelings waar jy vir inskrywings kan soek ? ?current affairs? en ?community watch?.

Die gemeenskapswagafdeling gee inligting oor kriminele gebeure in spesifieke omgewings. Die aktuele afdeling bevat inligting soos die omgewingsimpakstudie en die kaart vir die verbindingspad na The Hills toe en onlangse nuus oor Kungwini munisipaliteit se eiendomswaardasies. Hier kan jy ook telefoonnommers kry van mense wat jou meer inligting oor diť sake kan gee.

Op ons gemeenskapsforum kan ons baie meer inligting plaas oor nuwe ontwikkelings, infrastruktuur en Kungwini wetgewing waarvoor daar nie noodwendig altyd plek is in Die Bronberger se maandelikse uitgawes nie.

Lede is welkom om kommentaar te lewer op bydraes op die forum deur op ?reply topic? te kliek. As jy ?n nuwe bydrae wil pos, kliek op ?new thread?.

Dit is jou kans om met ander Bronbergers te praat, mekaar te waarsku oor gevare, en inligting te deel. Gaan kyk gerus by www.bronberger.co.za en laat ons weet wat julle dink.

 

© 2019 Die/The Bronberger