Biblioteekpark se grondwerk sloer PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 25 March 2013 14:37
Untitled Document

Bouwerk aan die R51 miljoen Cullinan Biblioteekpark het nou nog nie begin nie. Volgens die Tshwane Metro-raad se beplanning sou dié projek se grondwerk einde Januarie klaar gewees het en sou konstruksie in Februarie begin het. Die projek se voltooiingsdatum is Desember vanjaar.


Die grondwerk wat einde Januarie moes klaar wees, is nou nog aan die gang

Die Biblioteekpark, wat op die rantjie oos van die Cullinanse polisiestasie gebou gaan word, is op 28 September verlede jaar met ‘n sooi-spit seremonie afgeskop. Dié park gaan bestaan uit ‘n biblioteek, gemeenskapsaal, sportsaal, gimnasium, twee ekstra sale, ‘n amfiteater en parkeerplekke.

Die plan is om gratis sake-opleiding, lesse en kreatiwiteitstimulering-aktiwiteite in die gemeenskapsentrum aan te bied. Daar gaan ook ‘n ouditorium, kunsgalery, rekenaarlaboratoriums en speelplek vir kinders wees sowel as buite-ruimtes waar besoekers kan ontspan.


‘n Kunstenaar se voorstelling van hoe die multi-miljoen Rand Cullinan Biblioteekpark gaan lyk
Bron: Tshwane.gov.za

Die biblioteekpark is die metro-raad se eerste projek van dié aard en daar word beraam dat dit werksgeleenthede aan 306 mense sal verskaf.

 

© 2019 Die/The Bronberger