Weerlig tref Cullinan se historiese bank PDF Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 28 February 2013 05:47
Untitled Document

Elsabé Maré

Cullinan se historiese 1906 Nedbank-gebou is op Dinsdagnag 29 Januarie deur weerlig raakgeslaan. Dié bekende sandsteen landmerk in Oaklaan, se gewel is raakgeslaan en al die bankstelsels is buite werking gestel.


Die merk bo in die middel van die gewel is waar die weerlig Cullinan se historiese Nedbank-gebou raakgeslaan het

Volgens Charlene Olivier, die bestuurder van die dorp se enigste bank, het dit gelukkig in die nag gebeur en geen klante of werknemers is beseer nie.

Telkom tegnici was volstoom aan die werk om die kommunikasie-stelsels te herstel en die bestel van onderdele het ‘n rukkie geneem. Twee lyne moes ook vervang word en die bank was op Woensdag 6 Februarie weer in volle werking.


Die Nedbank-gebou was een van die eerste geboue in Cullinan

“Dankie vir die publiek se geduld en vir die tegnici wat deurnag gewerk het,” sê Charlene. “As die gebou so beskadig is, dink net wat sou dit aan ons gedoen het.”

Klaarblyklik is Viva Supermark net oorkant die pad se Lotto masjien dieselfde nag deur weerlig buite aksie gestel.

 

© 2019 Die/The Bronberger