Nog malaria-gevalle op Mooiplaats PDF Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 28 February 2013 05:46
Untitled Document

Nog mense van die Mooiplaats/Donkerhoek-omgewing het malaria opgedoen sonder dat hulle in ‘n malariagebied was. Verlede maand het ons berig dat Johanet Dangoumou van Boschkop vroeg in Januarie aan serebrale malaria dood is sonder dat sy in ‘n malariagebied was.

Die vraag is of dié gevalle van ‘koffermalaria’ is, waar ’n malariamuskiet in bagasie na ’n malaria-vrye gebied vervoer word, en of daar malariamuskiete in die Bronberg-gebied uitbroei.

Johanet se man Don het gesê dat toetse op muskiete en muskietlarwes in en om sy huis en in water in die omgewing gedoen is, maar dat die toetse negatief vir die malariaparasiet was.

Volgens ’n verslag deur die Na­sionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het ‘n egpaar op ’n ander hoewe in dieselfde omgewing waar Johanet gewoon het ook in dié tyd siek geword.

Die 46-jarige man het op 22 Desember griepsimptome met borskaspyn ervaar en is in die hospitaal opgeneem. Sy 34-jarige vrou het ’n dag later tuis ineengestort en sy is ook in die hospitaal opgeneem.

Hulle het na verneem word herstel.

Volgens Nios kan ‘n malariamuskiet 2 km ver vlieg en meer as een mens in ‘n gebied besmet.
 

© 2019 Die/The Bronberger