Soos ?n wafferse salm Print E-mail
News - Ons Omgewing
Tuesday, 29 January 2013 17:31
Untitled Document

Wie sou ooit kon raai dat die beskeie ou baber sy lyf wafferse salm kan hou? Die salmvisse van Amerika trek jaarliks in hulle hordes van die see af stroomop met riviere langs om in die binneland op hulle presiese geboorteplekke te gaan broei. In die proses moet sterk stroomversnellings en watervalle oorkom word. Die naam ‘salm’ is van die Latynse woord ‘salire’ afgelei, wat ‘om te spring’ beteken. Dié gewone baber het gewys hy staan nie terug vir ‘n Amerikaanse salm nie, toe hy met mening teen die stroom op by die Rietvleidam se uitloop uitgespring het.

Foto’s: Gerhard Scheepers
 

© 2020 Die/The Bronberger