Wie se honde? PDF Print E-mail
News - Ons Omgewing
Tuesday, 29 January 2013 17:30
Untitled Document

Wie se honde?

Rondloperhonde is rooihand agter ‘n wildheining op die Bronberg se Glastonbury-rif in Zwavelpoort betrap. Hulle is op Gé Jooste se wildbesigtigingskamera vasgevang waar hulle gereeld gaan water drink by ‘n suiping wat vir wild bedoel is.


Die trop honde is vroegoggend by die wildsuiping gewaar

Dié twee lyk nie na rondloperhonde nie, maar is ook doenig in die wildkamp

Inwoners op dié rif sê dat die honde die wild jaag wat inwoners met groot moeite in die wildkamp probeer beskerm. Hulle vermoed dat die honde van die kleinwild vang.

Lesers wat die honde herken, kan vir Gé by 082-378-9729 bel
 

© 2019 Die/The Bronberger