Boschkopse vrou aan malaria dood PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 29 January 2013 15:29
Untitled Document

Johanet Dangoumou van Boschkop is vroeg in Januarie aan serebrale malaria dood sonder dat sy in ‘n malariagebied was. Die vraag is of haar dood die resultaat van sogenaamde ‘koffermalaria’ is, waar ’n malariamuskiet in bagasie na ’n malaria-vrye gebied vervoer word.

Dit neem tot 15 dae ná die muskietbyt voor malaria simptome begin wys.

Johanet se man, Don, sê dat hulle oor die feestyd vir vier dae by Vioolsdrift op die Namibiese grens was. Voor dit was hulle by familie in Belfast, Mpumalanga.

Volgens prof Lucille Blumberg van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes is Vioolsdrift en Belfast nie malariagebiede nie.


Johanet Dangoumou van Boschkop

Johanet is op Vrydag 4 Januarie in die Steve Biko-hospitaal opgeneem en serebrale malaria is later die middag by haar gediagnoseer. Sy is binne twee dae daarna oorlede.

Volgens Don was sy vrou nie 100% haarself op vakansie nie, maar het nie siek gelyk nie. Dit is eers terug by die huis wat sy begin siek word het.

Mense wat in ’n malariagebied was en griep- of verkouesimptome toon, moet vir malaria getoets word.

As die toets negatief is, maar die pasiënt nie verbeter nie, kan die toets die volgende dag herhaal word. Iemand wat malaria-simptome toon moet binne 48 uur mediese aandag kry.

Die meeste malariagevalle kom in Januarie voor.

 

© 2019 Die/The Bronberger