Tref-en-trap eis lewe op draai-van-die-dood PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 19 December 2012 06:49
Untitled Document

Die draai-van-die-dood op die Rayton-pad het vir nog ‘n gruwel-ongeluk gesorg. Izak Petrus (Sakkie) Klokoz is in die nag van 10 November naby die indraaipad na Egon’s doodgery. Dit blyk uit die nadoodse ondersoek dat drie verskillende voertuie in die loop van die nag oor hom gery en weggejaag het.

Hoewebewoners wat naby woon het Sakkie omstreeks middernag daar sien duimgooi. Volgens kennisse het die 55-jarige Sakkie met die Rayton / Bapsfontein-Kemptonpark-pad (R515) huis toe geloop vanaf ‘n kuierplek in die Rayton-sentrum.

Hy het in die woonwapark in Kleinfontein gewoon, waar hy ‘n tuinwerker was en ook vir die bewarea gehelp het om onkruid uit te roei. Sakkie was deel van Kleinfontein bewarea se pompom-bevegtingspan.

Omdat hy geen identifikasie aan hom gehad het nie, het sy lyk lank in die polisielykhuis gelê, voor hy uitgeken is.

‘n Saak van tref-en-trap word ondersoek.

 

© 2019 Die/The Bronberger