Rapporteer gevaarlike geraasmakers |
|
|
News -
Briewe
|
Wednesday, 19 December 2012 08:42 |
Untitled Document
Anoniem van Bashewa skryf:
Ek skryf op antwoord van die lesersbrief geplaas in Januarie 2012, insake ‘Die gevaarlike geraasmakers op ons grondpaaie’.
Ek is ook ‘n inwoner van Bashewa, en dit gaan my gesonde verstand ten bowe dat mense met hulle ‘quads’ en ‘off road scramblers’ op ons grondpaaie jaag met ‘n groot geraas.
Dit wil voorkom asof hierdie mense genoeg geld het om ‘quads’ of ‘off road scramblers’ te koop, maar nie genoeg geld vir ‘n sleepwa of geld om die kostes te betaal om op ‘n baan te gaan jaag nie, soos dit veronderstel is om te wees.
Indien hierdie oortreders genoeg geld het, laat dit dan veel te wense na vir hulle integriteit. Wat het van goeie buurmanskap geword? Ek doen ‘n beroep op inwoners om hierdie onwettige bedrywighede te rapporteer aan Kommandant Jasper Malan van die Pretoria Oos Metro by tel: 012-358-5216 of 012-358-5230 of e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
Dit is ons as inwoners se plig om hierdie onwettige en gevaarlike optredes te rapporteer. Ons kan onsself net voorstel hoe dit sal gaan as ons net agteroor sit en hierdie dinge toelaat. Hierdie bedrywighede is totaal onwettig, aangesien ons grondpaaie openbare paaie is. |
|