Bly só vuurwarm in die Bronberg PDF Print E-mail
News - Artikels
Thursday, 19 June 2008 23:06

Bronbergers wat bibber en bewe kan hier lees hoe om van die winterweer te ontsnap met ’n paar vuurwarm idees vir vier- en twee-voetiges. Of jy nou onder die komberse wil inkruip met ’n lekker boek, ’n knetterende kaggelvuurtjie wil aansteek of innerlike versterking soek, hier kan jy lees waar om jou winterdrome te laat waar word.

Knetterende kaggel
 “To poke a wood fire is more solid enjoyment than almost anything else in the world.” – Charles Dudley Warner

Home Fires
Daar is min dinge wat ’n mens meer welkom laat voel in ’n huis as ’n knetterende kaggelvuur. Home Fires voorsien ingeboude, losstaande, Alpine oop en LP gas oop vuurherde. Daar is ook ’n verskeidenheid ingevoerde vuurherde om van te kies. Dit is die plek om te besoek as jy op soek is na ingeboude-, losstaande-, gas-, trollie- of tafel-braaiplekke. Kontak Home Fires se takke as volg: Centurion, tel: 012-663-3911; Faerie Glen, tel: 012-998-3746; Randburg, tel: 011-462-0227; e-mail This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it ; webwerf: www.homefires.co.za.

Lugversorging
“Many human beings say that they enjoy the winter, but what they really enjoy is feeling proof against it.”- Richard Adams

GSM Electro
GSM Electro kan jou wys hoe om ’n vertrek binne ’n japtrap vuurwarm te maak. Dié elektriese en meganiese kontrakteurs doen nuwe elektriese installasies, die installasie van lugversorgers soos Futronic, Luxaire en York, en diens en onderhou lugversorgers. Hulle vertel dat lugversorgers wat warm maak, minder krag gebruik as ’n verwarmer en meer koste effektief is. Lugversorgers reguleer die vertrek se temperatuur sodat dit konstant bly en jou huis lekker warm hou. GSM Electro is geleë in Rietfontein en sal graag na jou huis toe kom om’n kwotasie te doen en ’n brosjure van al hul produkte vir jou te wys. Vir meer inligting, skakel Sonette of Gys by 012-811-0069 of 084-767-4850.

Ou-styl koolstowe
“Wisdom comes with winters.” – Oscar Wilde

B-House
B-House Building Supplies maak gasbottels vol en verkoop gasverwarmers. Dié is ook die plek om ’n pragtige ou-styl koolstoof te koop. Dit lyk net soos dié waarin ouma destyds haar beskuit gebak het, maar is splinternuut. B-House is op die hoek van Garstfonteinwegverlenging en Blesbokstraat, oorkant Mooikloof. Skakel 012-480-0088 of 084-550-6061/2 vir meer inligting.

Gas vuurherd
“O Winter! . . . I crown thee king of intimate delights, fireside enjoyments, home-born happiness.” – William Cowper

Novent
Novent bied skoorsteenlose gas vuurherde wat voorsien is van ’n sisteem wat outomaties die gas afskakel as die suurstofvlakke in die vertrek te laag raak. Dié was die eerste skoorsteenlose gas vuurherde wat in 2004 in Suid-Afrika ontwerp, ontwikkel en vervaardig is. Daar is ’n verskeidenheid standaard vrystaande of ingeboude modelle om van te kies. Jy kan ook kies tussen gassisteme, vanaf vuurherde wat lyk soos houtvure, gloeiende kole of wit klippies. Die produkte word versprei deur Multibraai. Vir meer inligting, skakel 012-666-9379.

Gasbottels
“Every mile is two in winter.” – George Herbert

ISP Steel
Hier kan jy jou gasbottels laat volmaak en selfs op jou drumpel laat aflewer. Die 9 kg, 19 kg en 48 kg bottels word omgeruil en afgelewer. Bottels kleiner as 9 kg word op ISP Steel se perseel volgemaak. Dit pas gerieflik in ’n mens se voertuig en word dus nie afgelewer nie. ISP Steel se Lynnwood-tak is in Lynnwoodweg, Die Wilgers, oorkant Presley’s. Skakel 012-807-3996 / 0987 of 083-417-2993. Die Silver Lakes-tak is in Lynnwoodweg-verlenging oorkant Lombardy Landgoed. Skakel 012-809-0216.

Warm geisers
“Winter is nature’s way of saying, Up yours.” - Robert Byrne

Hoogland Elektries
Geisers werk oortyd in die winter om water warm te hou. Hoogland Elektries installeer ’n beheer/tydskakelaar op die geiser wat jou tot 30% krag kan bespaar. Hulle doen ook nuwe installasies en foutnasporing, toetsing vir die uitreiking van sertifikate en die instandhouding van huisbedrading, stowe en geisers. Vir meer inligting, kontak Ben Moolman by 072-243-4297.

Kragopwekkers
“Winter dies into the spring, to be born again in the autumn.” - Marche Blumenberg

AIC Systems
AIC Systems vervaardig ’n wye reeks produkte om pasgemaakte oplossings te bied vir energie-bestuur, kragfaktor korreksie en motor-beheer panele, van 220 Volt tot 22 000 Volt. Hul het hul reeks uitgebrei om rugsteun kragopwekkerstelsels, van so klein as 15 KVA tot so groot as 1 500 KVA, te voorsien en te installeer. Vir meer inligting kontak Leon by 072-255-6898, 012-811-0745, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.aicsystems.co.za.

Skep ’n warm atmosfeer
“In the depth of winter, I finally learned that within me there lay an invincible summer.” – Albert Camus

Senex Interiors
Senex Interiors kan jou huis in ’n warm hawe omskep hierdie winter. Hulle bied al sedert 1943 gratis advies oor binnenshuiseversiering met jou aankope van ontwerper-meubels en ornamente vir elke vertrek in jou huis. Senex is in die Wapadrandsentrum op die hoek van Lynnwood- en Wapadrandweg. Kontak hulle by tel: 012-807-1791/2 of faks: 012-807- 0340.
Wood & Comfort
Laat Wood & Comfort jou wys hoe om ’n warm atmosfeer in jou huis te skep hierdie winter. Hulle bied kwaliteit meubels, bykomstighede en dekordienste. Wood & Comfort is geleë in Atterbury Value Mart, Faerie Glen. Kontak Mariet of Marnette by 012-991-4875, faks: 012-991-4876, e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek hulle webwerf by www.woodcomfort.co.za.
Blinds 4u2
help om die atmosfeer huislik en gesellig te maak. Blinds 4u2 se nuwe vertoonlokaal open op 15 Julie. Alle soorte blinders en gelamineerde vloere van hoogstaande gehalte sal uitgestal word. Vir meer inligting, kontak Marie du Plessis by 083-225-3676 of Marinda Boeyens by 076-510-0853.

Snoesige Slaaptyd
“Winter either bites with its teeth or lashes with its tail.” - Proverb

Mattress Medi Centre
Jy verdien ’n goeie nag se rus. Veral as jy lekker snoesig kan slaap in die winter op ’n bed wat nog goed is vir jou rug ook. Mattress Medi Centre bied ‘spine right’ en ‘spinal integrity’ basisstelle, basisstelle wat nooit omgedraai hoef te word nie met ’n lewenslange waarborg, en hulle verkoop ook los matrasse. Mattress Medi Centre is by die Silver Oaks winkelsentrum in Hans
Strijdomrylaan. Vir meer inligting oor hul spesiale aanbiedinge in Junie, skakel 012-809-2594.
Old Farm Furniture
Old Farm Furniture kan help om jou hierdie winter warm te hou met ’n basis-en-matrasstel vanaf R800. Hulle verkoop nuwe en gebruikte meubels. Old Farm Furniture is langs Farmers Shed in Garstfonteinweg. Vir meer inligting kontak Martin
by 082-565-0086 of Phillip by 083-859-2238.
Bashewa Supermark
Bashewa Supermark verskaf lekker dik komberse teen bekostigbare pryse. Daar is dubbelbedkomberse vanaf R120. Hulle bied ook ingevoerde winterklere wat jou sak sal pas. Bashewa Supermark is op plot 164, Bashewa, Garstfonteinweg-verlening, 16 km vanaf Woodlands Boulevard. Skakel 012-811-0753 vir meer inligting.

Lekker leesstof
“Give a man a fire and he’s warm for the day. But set fire to him and he’s warm for the rest of his life.” – Terry Pratchett

Book Exchange
Daar is min dinge wat lekkerder is as om op ’n koue winterdag onder ’n warm kombers in te klim met ’n goeie boek. Gaan soek vir jou ’n lekker boek uit by ons kontrei se eie ‘Book Exchange’. Hier kan jy boeke inruil of koop teen die beste pryse in Pretoria. Daar is altyd spesiale aanbieding op Afrikaanse en Engelse boeke wat wissel van R1 tot R6. Jy kry ook die nuwe Harry Potter-reeks, historiese romans, Sci-Fi, hygromans, spanningsverhale,‘Westerns, non-fiksie, geestelike boeke, Mills & Boons en opvoedkundige boeke. Die ‘Book Exchange’ is op plot 126, Bashewa. Vir meer inligting skakel 012-811-0474 of 082-644-9750.

Vuurwarm vier-voetiges
“Cats regard people as warm-blooded furniture.” – Jacquelyn Mitchard

Farm Barn
Farm Barn is die plek om te besoek as jy jou viervoetige vriende vuurwarm wil hou in die winter. Daar is perdekomberse en skaafsels vir knus stalle en hondebedjies en -komberse in “camouflage” en “jungle-fur”. Hulle verskaf ook ’n verskeidenheid voer en soutlek vir wild, skape, hoenders, varke, hase, perde, beeste, honde en voëls. Farm Barn is in Lynnwoodweg-verlenging, tussen Hans Strijdomrylaan en die Boschkoppad. Kontak Liezel van der Merwe by 012–809-1465.

Warm lywe
“Winter, a bad guest, sitteth with me at home; blue are my hands with his friendly handshaking.” – Friedrich Nietzsche

‘here I am’
Maak gereed vir die winter met snoesige hoog-mode bykomstighede en klere van ‘here I am’. Hier kry jy ingevoerde items en ook dié van ’n baie selektiewe groep plaaslike ontwerpers en kan jy van kop tot tone uitgerus word deur kenners. ‘here I am’ is in winkel 23, tussen Maxi’s en Java, in die Hazeldean winkelsentrum op die hoek van Lynnwoodweg- verlenging en Silver Lakes-weg. Vir meer inligting, skakel 012-809-4023.
Pretti Purrrfect
Pretti Purrrfect het ’n rooi-warm spesiale aanbieding vir Junie. Jy kry ’n ‘hot stone’ massering, ’n mini-gesigbehandeling, manikuur en pedikuur vir R500. ’n Rug en skouer massering en refleksiologie kos jou slegs R300 en ’n volle gesigbehandeling, manikuur en pedikuur kos jou R400. Dit is R100 tot R150 afslag op die gewone pryse. Pretti Purrffect is in 950 Olympusrylaan, digby die sirkel voor Glen Village winkelsentrum. Kontak Freda van Vuuren by 082-551-7878.

Innerlike versterking
“Winter is not a season, it’s an occupation.” – Sinclair Lewis

Cape Town Fish Market
Dis nie nodig om die koue te trotseer om in die winter te gaan visvang nie. Jy kan net sulke vars vis kry by Cape Town Fish Market, ’n kombinasie van ’n restaurant, vismark, Teppanyaki en ‘Sushi Bar’. Die spyskaart bied ’n kombinasie van Suid-Afrikaanse en Japanese disse soos Teriyaki- en Tempura-disse. Cape Town Fish Market is in winkel 38, hoek van Von Backström en Hans Strijdomrylaan, Silver Oaks Crossing winkelsentrum. Vir meer inligting, skakel 012-809-1740 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Rafters
Kom kuier om ’n kampvuur by Rafters Pub & Grill. Daar brand elke aand ’n reuse kuier-kampvuur buite. Jy kan braaipakke koop en saam met vriende braai terwyl die pap en sous voorsien word. Binne in die kroeg kan jy met ’n lekker glasie OBS om die vuurwarm koolstoof kuier. Rafters is oorkant Mooikloof op die B-House perseel in Blesbokstraat, net af van Garstfonteinweg-verlenging. Vir meer inligting, skakel 012-480-0466 of 082-455-9705.
Bronberg Lodge
Daar is min dinge wat die innerlike so versterk soos ’n bord warm boerekos presies nes ouma dit gemaak het. Vir skaapkoppe, potjies skaapafval, skenkels en oxtail, of kaiings en pap, skaapstertjies of skilpadjies, kom besoek Bronberg Lodge. Daar is ook ’n reeks boere-ontbyte. Bronberg Lodge is op die hoek van Lynnwoodweg-verlenging en die Boschkop-pad. Vir meer inligting, skakel 012-809-0130 of bel vir Faan by 082-820-7339 of vir Hans by 076-452-6182.
Ed’s Place
Kuier rondom ’n vuurwarm kaggel of kampvuur by Ed’s Place. Hier is twee kaggels en braaiplek buite waar kampvure gereeld gebou word. Geniet dié warm, gemoedelike plattelandse kroegatmosfeer’n blote klipgooi uit die stad uit en verlustig jou in Fernando se seekos-geregte. Ed’s Place is in Garstfonteinweg-verlenging, ongeveer 12 km anderkant Woodlands Boulevard. Vir meer inligting, skakel 012-811-0912 of 082-219-6266.

Wegneem warmte
“Can a man who’s warm understand one who’s freezing?” – Alexander Solzhenitsyn

Bafana
Die Bronberg se eerste ‘drive by’ wegneemete plek is nou by Bafana. Hou jouself warm in die winter met ’n wegneem boerewors-rol, ’n ‘steak roll’, pap en vleis of ’n koppie tuisgemaakte sop. Bafana bied ook inheemse plante. Volgens Dirk Marias het die winter baie voordele vir die ywerige tuinier. Dit is rustyd vir die meeste bome en die beste tyd om bome te plant of te verplant. Vir vuurwarm winterpryse op bome, besoek Bafana in Lynnwoodwegverlenging. Vir inheemse plante, kontak Dirk by 083-378-3588. Vir winter-wegneemetes, kontak Gerrod by 082-772-7427.

Biltong en braai
“The problem with winter sports is that - follow me closely here - they generally take place in winter.” – Dave Barry

Boma Vleismark
Min dinge kom by die bekoring van ’n braaivleisvuur in die winter. Boma Vleismark bied nie net die gewone braaivleisprodukte nie, maar ook tuisgemaakte koue vleis, vooraf gaargemaakte produkte soos beestong, Eisbein en gemarineerde varkribbetjie. Jagters kan hul wildsvleis by Boma laat bewerk. Onthou dat Boma die heerlikste biltong en droëwors maak. Boma Vleismark is in die Tierpoort Winkelsentrum, Garstfonteinwegverlenging, tel: 012-811-0791. Boma is steeds op die hoek van Rubenstein- en Garstfonteinweg, Moreletapark, tel: 012-998-8711.

Vuurvegters
“One kind word can warm three winter months.” – Japanese proverb

Farm Barn
Moenie dat veldbrande jou hierdie winter onder kry nie. Farm Barn verskaf vuurvegters en vuurslaners om jou te help om vlamme te beheer. Hulle koop en verkoop ook trekkers waarmee jy ’n voorbrand kan oopploeg. Farm Barn is in Lynnwoodweg-verlenging, tussen Hans Strijdomrylaan en die Boschkoppad. Kontak Liezel van der Merwe by 012–809-1465.

Vuurwarm nuus
“Let us love winter, for it is the spring of genius.” - Pietro Aretino

Pick ’n Pay Rayton
Pick ’n Pay Family Market in Rayton gaan in 2009 na ’n groter, nabygeleë perseel skuif. Hulle is 365 dae van die jaar oop en jy kan hier geholpe raak as ander plekke reeds toe is. Word deel van dié familie-winkel se warm diens. Die vars gebak en wegneemetes word daagliks op die perseel voorberei. Vars groente en ’n eie vleismark bied warm winter winskope soos ‘stewing beef’ (met bene in) van 19 tot 22 Junie teen R29.95 per kg. Hier kry jy ook energie-besparende items vir die winter. Pick ’n Pay Rayton is op die hoek van Treurnichtstraat en Mainweg. Vir meer inligting skakel 012-734-4868/9.

Vuurwarm winskope
“Winter came down to our home one night, quietly pirouetting in on silvery-toed slippers of snow.” - Bill Morgan, Jr.

RealNet Plotte & Plase
Kyk na RealNet se advertensie op bl 10. Hier vind jy onder meer ’n 4,3 ha plot teen die koppie in Tiegerpoort vir R850 00.
Alle dienste is in plek. Kontak Osie by 083-268-5593.
Property Zone
Property Zone se vuurwarm winskoop is ’n 22 ha plot in die Klipkop bewaria vir R2,5 miljoen. Kyk na die advertensie op bl 8. Kontak Tania by 083-384-2075 of Max by 082-442-7579.
Property Merchants
Met 21 jaar ondervinding in eiendom en ontwikkeling kan Werner Eksteen jou help om goeie winskope te identifiseer. Kyk na Property Merchants se advertensie op bl 11. Kontak Werner by 082-411-3089.
Dealspro
Dealspro se vuurwarm winskoop van die maand is ’n 4,2 ha plot teen die Bronberg in Zwavelpoort vir R890 000 Hul advertensie is op bl 28. Kontak Lambert by 083-625-0700 of Sarie by 083-635-1030.
 

© 2019 Die/The Bronberger