News -
Ons Mense
|
Thursday, 19 June 2008 23:57 |
Untitled Document
Elsabé Maré
Rayton se mense het op 7 Junie ’n
4x4 pretdag gehou. Hindernisse
soos sand, water, klippe, diep gate,’n moddergat en selfs ’n berg en
spreiwater is getrotseer.
Die dag is deur Roelf Kruger Auto
en Paneelkloppers gehou ten
behoewe van die Qumi Home vir
intellektuele gestremde individue
en die AGS-kerk.
Die een been van die kompetisie
het op die ontspanningsterrein
agter die Rayton Mediese Sentrum
plaasgevind en die ander been was
op Chriso Brand
se plaas op die
Zonkololpad
tussen Rayton
en Cullinan.
Vrouens en mansspanne
kon inskryf en die vertoonstuk
was die Argo 8x8
Avenger wat soos ’n wurm
rondgekruip het.

Retha en haar twee kinders, Tiaan en Jessica Spires van Rayton, sit op die Argo 8x8 Avenge |

Schalk Grobler en Wilfred Robson van Pretoria in hulle Toyota genaamd ?plastic? of selfs later ?Tupper? |

Johan Botha en sy dogter Cherise kom nou net uit die moddergat en sy sê die modder is die lekkerste; soms is net jou tande skoon |
|
|