Kraaie gaap, volstruise swem Print E-mail
News - Ons Omgewing
Wednesday, 24 October 2012 07:43
Untitled Document

Die kraaie het behoorlik gegaap en die volstruise het jou werklik geswem toe ‘n hittegolf die gebied aan die einde van Oktober se eerste week getref het. Twee van dié henneparty van drie wyfievolstruise het behoorlik baljaar in die water van die mooi dammetjie in die Somabula wildreservaat naby Cullinan.

Hoewel die volstruis die grootste en swaarste voëlsoort is, kan hy nogal goed swem. Hy gebruik sy kragtige bene om hom deur die water aan te help. Wilde volstruise is in Julie vanjaar by Yzerfontein opgemerk waar hulle in die see swem.

Enkele jare gelede het ons ‘n foto gebruik waar PW, die mak volstruis van Frik en Elma Potgieter, saam met die kinders in ‘n plaasdam baljaar.

 

© 2020 Die/The Bronberger