Teen die hange van die Magaliesberg
in Donkerhoek, staan’n trotse ou ‘villa’ uit die 19e
eeu nog stewig op sy klipfondasie.
Dié swierige ou opstal is teen
groot moeite en koste deur ’n
destydse lid van Paul Kruger se
volksraad, JMA (Donkie) Wolmarans
gebou. Hoekom sy bynaam
Donkie was, is nie duidelik nie.
Donkie Wolmarans was ’n vermoënde
man wat ’n gedeelte van
die oorspronklike plaas, Donkerhoek,
in 1882 gekoop het. Die
eerste eiendomsreg van die plaas
is in September 1859 aan PJ Botha
toegeken.
Groot dele van die struktuur
van die Wolmaranshuis,
soos die houtsneewerk,
vensters, balke,
vloere, deure en kaggels,
is uit Engeland en Europa
verskeep en met ossewaens
na Pretoria gebring.
In die tweede Vryheidsoorlog
is die huis deur
die Engelse opgekommandeer
om as hospitaal te dien.
?n Kristalkandelaar in die gang met die voordeur in die agtergrond. |
?n Baie ou wildevyeboom voor die imposante villa op Donkerhoek. |
Houtsneewerk op die stoep is uit Europa na Suid-Afrika verskeep. |
In ’n proefskrif deur CA Richards
wat in 1984 geskryf is, word die
Wolmaranshuis beskryf as ’n “villa
wat nie tiperend van die tydperk is
nie, maar tog die invloed van rykdom
en kultuur in dié era weerspieël”.
In 1916 is die gedeelte van die
plaas met die huis op deur ’n seun
van Donkie, Jacobus Wolmarans,
aan ’n sakevennoot van Sammy
Marks, ene J Levin, verkoop.
Die huis en grond is in 1924 deur
JB Wouda gekoop en sedertdien
woon sy nageslagte nog daar.
JB Wouda was Dave Brink, wat sy
hele lewe nog daar bly, se oupa. ’n
Agterkleinkind, Ian McDoogle en
sy vrou Suzette, bly ook in die ouvilla. Hulle is op die oomblik besig
om dit geleidelik op te knap om
die huis weer so na as moontlik
aan sy oorspronklike glorie te kry.
Dié swaarhout spieëlkas uit die 18e eeu staan in die voorkamer. |
Die trappe wat na die opstal se voordeur lei. |
Dave se ma, Ella Brink, was ’n bekende
in die omgewing en het die
grootste deel van haar lewe, tot en
met haar afsterwe ’n paar jaar
gelede, in die ou opstal gewoon.
Ella het vir jare die Avondson
Hotel bedryf. Die hotel is langs die
ou Bronkhorstspruitpad op die
plaas gebou. Ella se ma was in die
vroeë 1900’s die eienaar van die
bekende Wouda losieshuis in
Pretoria.
Gerugte doen al lank in die Bronberg
gebied die rondte dat dit in
die Wolmaranshuis spook. Dave
lag net as jy hom daaroor uitvra.
Hy sê sy broer Ian, wat nou in
Kanada bly, sweer daarby dat hy in
die nag voetstappe op die ou
plankvloere gehoor het, maar hy
wat Dave is, meen hy is die enigste
spook wat daar bly.
Ella Brink by die destydse swembad van die Wolmaranshuis. |
Ella Brink as jong vrou voor die villa. |
?n Vroeëre familiefoto voor die ou opstal geneem. |
|