PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 24 October 2012 05:25
Untitled Document

Die voorgestelde Zwavelpoortse Kommersiële Park-ontwikkeling een het nog twee jaar grasie gekry om in plek te kom.

Die Gautengse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het vir Elardo Motors, die ontwikkelaar, ‘n verlengingstydperk van twee jaar op die geldigheid van die omgewingsmagtiging toegestaan.

In Oktober 2010 het ons berig dat die beoogde Zwavelpoortse Kommersiële Park afgeskaal is weens ’n gebrek aan munisipale dienste. Aansoek is toe slegs vir stoorgeriewe gedoen, wat goedgekeur is. Sou die ontwikkelaars in die toekoms die grondgebruik wil verander na residensieel, sou die voorgeskrewe prosesse gevolg moet word en aansoek by die provinsiale owerheid, die Gautengse Departement van Landbou en Landelike ontwikkeling, gedoen moet word.

Die aanvanklike planne was vir ’n kommersiële park op plot 332, Zwavelpoort, die oop stuk grond aan die oostekant van die ‘Action Cricket’ kompleks, teen Lynnwoodweg-verlenging.

Elardo Motors Bk het beplan om die Zwavelpoortse Kommersiële Park Uitbreiding Een op die 1,2 ha stuk grond, wat ’n gedeelte van plot 15, Zwavelpoort is, te vestig. Interdesign Landskapargitekte (ILA) is deur Elardo Motors aangestel om die omvangstudies en openbare deelnameproses te hanteer.


‘n Lugfoto van die perseel langs Lynnwoodweg-verlenging (Grahamweg) waar die Zwavelpoortse Kommersiële Park beplan word

Teenstand
Die Shere and Zwavelpoortse inwonersverenigings het in 2010 dokumente ingedien wat sterk teenstand teen so ’n ontwikkeling in ’n landelike gebied aandui. Inwoners het gesê dat dié ontwikkeling ’n reuse impak op die landelike gebied se karakter sal hê met vêrreikende infrastruktuurprobleme.

ILA het te kenne gegee dat munisipale infrastruktuur in terme van water en elektrisiteit voldoende vir stoorgeriewe bevind is.

Die verlenging van twee jaar op die geldigheid van Elardo Motors se omgewingsmagtiging is op 14 Augustus uitgereik. Inwoners wat teen dié magtiging wou appelleer, het 20 dae ná die datum gehad om dit te doen.

Vir meer inligting, kontak Shalini Chetty by tel: 012-348- 1922 of faks: 012-348-7154 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger