Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 19 June 2008 23:21
Untitled Document

Elsabé Maré

Kinders met lewensbedreigende siektes se drome het op Saterdag 17 Mei waar geword by Kitty Hawk lughawe in Boschkop.

Sharon Theron, ’n maatskaplike werker van Reach for a Dream se Pretoria-kantoor, sê dit is oorweldigend om die geluk te sien wat so’n uitstappie bring. Sommige kindertjies oorleef hul siektes, ander nie. Dit maak jou hartseer en hou jou dankbaar en nederig.


Die manne wat die dag moontlik gemaak het

Die Tafelronde 201 en 136 van Pretoria het saamgewerk om dié uitstappie te reël en Cyril Mansier sê hulle hoop om die geleentheid jaarliks moontlik te maak. Die gesamentlike eienaars van die Kitty Hawk landgoed het hulle vliegtuie, tyd en vaardigheid die dag beskikbaar gestel. Mediese bystand is verleen deur Charl Celliers van LifeMed-ambulansdiens.

Volgens Roy Vermaak, wat die vliegveld bestuur, is daar ongeveer 120 loodseienaars en lede van ander klubs wat van hulle vliegtuie en helikopters gegee het. R44 Robison-helikopters, tweesitplek Jabiru’s, ses-sitplek Cessnas,’n Enstrom-helikopter, mikroligte vliegtuie en selfs een Girohelikopter het deelgeneem.


VlieŽnier Charl Barnard saam met sy passasiers Lee-Ann Muller en Victor Vorstman

Van die kindertjies wat die vlugte by Kitty Hawk meegemaak het by Sharon Theron van Reach for a Dream

Tannie Sannie Strever van Wierdapark is 72 jaar oud en het saam met haar dogter en kleinseun, Ronel en Daniel Bosman, ?n draai gaan maak oor Cullinan

Die kom-en-gaan van die vliegtuie, opgewonde kinderstemmetjies en’n pragtige klubhuis, wat ook oop is vir die publiek, was deel van die dag se pret en plesier.

Daar is Reach for a Dream-takke in Pretoria, Port Elizabeth, Oos Londen, Johannesburg, Bloemfontein en Durban. Hospitale, dokters en ander mediese personeel doen die verwysings en ’n vorm moet namens elke kind voltooi word. Vir meer inligting, skakel 012-368-1542.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger