Nuwe motorhawe vir Bashewa beplan PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 25 September 2012 22:36
Untitled Document

‘n Motorhawe wat ‘n klein werkswinkel, ‘n winkel vir gebak of ‘n restaurant vir wegneemetes en ‘n outomatiese banktellermasjien insluit, word op plot 151 Bashewa beplan.

Interdesign Landscape Architects (ILA) is besig om ‘n omgewingsimpakstudie vir dié projek te doen en mense het tot 22 Oktober kans om as belanghebbendes te registreer wat deel van die openbare deelnameproses sal word.

ILA is deur die Van der Merwe Familie-trust aangestel om as onafhanklike omgewingskonsultante op te tree in die projek. Plot 151 is aan die suidekant van Garstfonteinweg-verlenging (K50), 5 km wes van die kruising met die Bapsfontein-Bronkhorstspruitpad (R25).

‘n Openbare motorhawe is deur die Nasionale Omgewingsbestuurswet as ‘n aktiwiteit wat moontlik ‘n negatiewe impak om die omgewing kan hê, geïdentifiseer. Daarom vereis die wet dat ‘n omgewingsimpakstudie gedoen moet word voor die ontwikkeling mag plaasvind.

Sulke studies moet gedoen word vir die konstruksie van fasiliteite of infrastruktuur vir die berging of hantering van potensieel gevaarlike middels in houers met ‘n kapasiteit van 80 tot 500 kubieke meter.

Die studies moet ook gedoen word waar onontwikkelde grond omskep word in residensiële, kleinhandel, kommersiële, ontspanning, industriële of institusionele gebruik buite ‘n stedelike gebied waar die totale gebied wat omskep gaan word groter as een hektaar is; waar paaie verbreed word; of waar grond met hoë landbou-potensiaal ontwikkel word.

Vir meer inligting, kontak Shalini Chetty van ILA by tel: 012-348-1922, faks: 012-348-7154 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger