Grondeis teen Mooiplaats ondersoek PDF Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 19 June 2008 20:54
Untitled Document

Grondeise wat die Mooiplaats- en Boekenhoutkloof-hoewegebiede raak, is by die Kommissie op Herstel van Grondregte ingedien.

Volgens ’n woordvoerder van Gauteng se grondeise-kommissie, ML Monokoane, kan die presiese ligging van die grond waarop die eise ingestel is, nie in hierdie stadium bevestig word nie, omdat die eis nog ondersoek word. Hy sê in dieselfde asem dat daar met die eienaars onderhandel sal word vir ’n “redelike skikking” sodra die ondersoek afgehandel is.

Een van die voorwaardes vir ’n suksesvolle grondeis, is dat die verwydering van mense vanaf die bepaalde grond ná 1914 moes plaasgevind het. Sover vasgestel kan word, was die plaas, Mooiplaats, reeds rondom 1860 in blanke besit. ’n Kaart wat die datum 1902 dra en waarop die grense van Mooiplaats aangedui word, is in Die Bronberger se besit.

 

© 2019 Die/The Bronberger