Vreemde verskynsels in Zwavelpoort PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 27 August 2012 17:33
Untitled Document

Die Page-gesin van Zwavelpoort se hond Milo is sedert verlede maand soek. Bets Page vermoed dat iets vreemds bo-op die berg in Zwavelpoort aan die gang is, want haar suster wat langs hulle woon se hond, Chucky, het ook weggeraak.

Bets sê dat dit nie die enigste probleem in Zwavelpoort is nie. Die Page-gesin se huis het amper afgebrand nadat die veld aspris aan die brand gesteek is om dekgras langs ‘n vliegtuig-aanloopbaan korter te kry.


Milo

“Ek het self gesien hoe die veld aan altwee kante van die aanloopbaan aan die brand gesteek word. My huis het amper afgebrand met my binne-in en ek moes behandeling kry vir rook-inaseming en was skoon siek,” sê Bets.

Sy sê dat hulle kragkabel verbrand het en dat daar nog ander skade is wat hulle ‘n paar duisend Rand kos.


Chucky

Die Nasionale Wet op Veld en Bosbrande van 1998 is een van die min wetgewings wat jou outomaties as skuldig sien tot jy onskuldig bewys word as die reëls verbreek word. Ons gebied se oorkoepelende brandbestrydingsorganisasie kan vir advies genader word.

Die brandbestuurspan bestaan uit: Herman van Zyl, brandoffisier: 082-421-8043; Henk Brits, ondersteuning: 083-299-7215; Sonja Cilliers, voorsitter: 083-260-5068; Lassidy Roets, opleiding:
082-826-9280; en Pieter Du Toit, ondervoorsitter: 072-060-8612
.
Die kontakpersoon vir wyk 9, Mooiplaats, Zwavelpoort en Boschkop, is Nic Woodrow, 082-924-4259.

Navrae kan ook gerig word aan 'n This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger