Zwavelpoortse seeroog uiteindelik verwyder PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 27 August 2012 17:31
Untitled Document

Zwavelpoorters is verheug oor die opruiming van die bourommel voor La Camarque in Achillesweg. Dié bourommel het vir meer as ses maande langs Achillesweg gelê nadat die landgoedontwikkeling se muur omgeval het en herstel is.

Volgens ‘n woordvoerder vir die La Camarque huiseienaarsvereniging het een van die inwoners ‘n ekstra stuk muur bygebou. Hy het in ‘n dispuut met die bouer betrokke geraak en die bouer het geweier om die bourommel te verwyder.


Die seeroog voor La Camarque is uiteindelik verwyder

Zwavelpoorters wat oor die bourommel gekla het, sê die huiseienaarsvereniging het laat weet dat hulle nie geld het om dit te verwyder nie. ‘n Klag is by die stadsraad ingedien wat ‘n aanmaning uitgestuur het.

Die La Camarque woordvoerder het gesê dat die huiseienaarsvereniging die bourommel op die ou einde in Julie op hulle eie koste verwyder het. Inwoners wat die klagtes ingedien het sê egter dat dit nie waar is nie; dat die stadsraad die rommel verwyder het.

 

© 2019 Die/The Bronberger