Verleentheid Print E-mail
News - Kommentaar
Monday, 27 August 2012 18:49
Untitled Document

Gauteng se toerisme ‘owerheid’ gee met hulle 65 ‘toerisme ambassadeurs’ in Cullinan nuwe vergestalting aan die begrip, ‘n-mors-van-tyd.

In sy huidige vorm kan die projek ook sprekend as definisie dien vir begrippe soos; mors-van-geld en kontra-produktiwiteit.

Die projek waarby werkloses aangewend word om as kwasi-toerismegidse en beveiligingsbeamptes op te tree, mag dalk op papier na ‘n goeie idee lyk. Ons betwyfel ook nie die stelling dat dit elders in die land ‘suksesvol’ is nie, maar soms kan jy met die beste bedoelings denkbaar, die grootste moontlike mislukking voortbring. En dit is wat tot dusver met die poging in Cullinan die geval is.

Ons meen ook dat dit geensins goed vir selfbeeld en selfrespek van die ‘ambassadeurs’ kan wees om dag-na-dag, bykans skouer-aan-skouer in die stil strate van die dorpie te staan en niks doen nie.

Gauteng se owerheid kap terug teen klagtes oor dié betaalde leeglêery deur te sê mense moet eerder met voorstelle vorendag kom wat kan lei tot die beter aanwending van die toerismewerkers.

Goed. Synde dat die verklaarde doelwitte van die projek werkverskaffing, opleiding in die toerismebedryf en die bevordering van toerisme is, hoekom nie die mense vir hulle geld laat werk, terwyl hulle op grondvlak in-diens-opleiding en ervaring kry en op die koop toe bestaande toerismesake help om te groei nie?

Laat hulle byvoorbeeld as kelners, kroegmanne of –vroue, kombuiswerkers of skoonmakers by restaurante, hotelle en oornagplekke in en om die dorp opgelei te word.

Laat hulle optree as veiligheidswagte, karwagte en parkeeraanwysers by toerisme-ondernemings, of stuur hulle met kennis van en pamflette oor bepaalde ondernemings of besienswaardighede in en om die dorp die strate van die groot stad in om bemarking te doen.

Dit sal beter wees as die verleentheid wat op die oomblik ‘n bespotting maak van toerisme, die Gautengse owerheid en van die dorp.

Bronnie word 10!
Ons word 10 jaar oud in September. Maak seker jy vorm deel van ons baie spesiale verjaardag-uitgawe met ‘n verhoogde oplaag om duisende nuwe mense te bereik.

Skakel 012 -734-0522, 072-089-0227 of stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2020 Die/The Bronberger