Vrees vir vlieg-toertjies PDF Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 19 June 2008 19:35

Anoniem van die Bronberg skryf:

Ek is al ongeveer agt jaar woonagtig in die Bronberg-gebied en het van die gejaagde stadslewe hierheen verhuis vir die pragtige, landelike en rustige atmosfeer. Die rustigheid het heeltemal verander nadat Kitty Hawk sy opwagting gemaak het. Is dit moontlik dat Die Bronberger dalk ’n opname kan maak van hoe die inwoners in die omgewing voel oor Kitty Hawk?

Inwoners het al verskeie vergaderings en selfs fondsinsamelings gehou om die saak te probeer oplos. Dit is nie meer veilig waar ons bly nie.

Daar word daagliks oefen-toertjies bo private eiendom uitgevoer, soms so laag en naby dat dit onmoontlik is om normaal te kommunikeer. Die eens rustige oggende het nou plek gemaak vir brullende enjins wat al van voor ses uur in die oggende gehoor kan word.

Dan kan ’n mens verder gaan en van die vliegtuie vertel wat al neergestort het op eiendomme in die omgewing. Elke keer as ’n mens die vliegtuie bokant jou hoor toertjies doen, pak ’n vrees jou. Jy is nooit seker of hy gaan val, en of dit vandag op jou eiendom gaan wees nie.

 

© 2019 Die/The Bronberger