PDF Print E-mail
News - Toeka se dae
Sunday, 22 July 2012 05:24
Untitled Document

Elsabé Maré

Die eerste huis wat in Cullinan gebou is, staan vandag nog in sy oorspronklike baadjie in Oaklaan 101. Dié huis, wat vandag bekend staan as die McHardy Huismuseum, is in 1903 vir die eerste algemene bestuurder van die Premier Diamantmyn, William McHardy, sy vrou en sewe kinders gebou.


‘Auntie Evie’ se rookbaadjie op haar bed by ‘n foto van haar. Sy het ná haar man se dood na dié warm slaapkamer aan die westekant van die huis getrek. Evie is in die ouderdom van 88 jaar oorlede

In die biljartkamer staan ‘n kortgolf radio op die tafel en teen die muur is ‘n nommer-asseblief-telefoon wat destyds gebruik is 

.

William was ‘n Skot van geboorte en was eers bestuurder by die Kimberley Diamantmyn. Hy is in 1913 oorlede en die Premiermyn het aangebied dat sy vrou en kinders lewenslank in die huis kan aanbly.

William se twee dogters, Evalena en May, het tot hulle dood ‘n paar dae na mekaar in 1984, hier gewoon.


Die foto van die McHardy familie is ongeveer 1898 geneem

.
Die waterverf skildery van die Cullinan myn hang in die portaal en is geverf deur Donald McHardy wat sy pa in 1913 as bestuurder opgevolg het

Die McHardy’s het die huis 81 jaar lank bewoon en die museum spog vandag met die gesin se oorspronklike meubels, ornamente, kombuisware en foto’s.


Die 1936 stofsuier

Die hoofslaapkamer is die enigste toevoeging tot die oorspronklike huis en is in 1908 aangebou. Die nuutste toevoeging tot die museum is die Filler de Lux stofsuier, nog in sy oorspronklike kas en ‘Made in England’ wat John Lincoln, plaaslike historikus, in Junie na die museum gebring het. Skenkings word verwelkom.

Die drie versamelstukke is die herdenkingsbeker van koning George V om sy 25 jaar van regering te herdenk (1910 – 1935). Die tweede beker is ter viering van die kroning van koning George VI (1937), man van koningin Elizabeth en pa van die huidige koningin. Die laaste beker is ter ere van die kroning van die huidige koningin Elizabeth in 1953


Toergids Werner Shellack voor die McHardy Huismuseum in Oaklaan 101

.
.
.
.
.

Oaklaan kry sy naam van die eikebome wat William se vrou Evalena hier geplant het.
Die museum is elke dag, behalwe Dinsdag, vanaf 10:30 vm tot 3 nm oop. Bel die toergids Werner Schellack by 073-946-8569 vir spesiale versoeke.

Toergids Werner Shellack by die weste-venster waardeur Evie haar geliefde Katolieke kerk skuins noord van die huis kon sien
.
.
.


Die Europese eikehouttafel in die ontbytkamer is van handgekerfde hout met ‘n besondere fyn grein. Die meubels is destyds per trein van Durban-hawe na Kimberley, waar die McHardy’s eers gewoon het, geneem en is toe per ossewa na Cullinan gebring


            

 

 

© 2019 Die/The Bronberger