Plotplek bly mooi en Italiaans PDF Print E-mail
News - Vreethans
Thursday, 22 March 2012 06:15
Untitled Document

Vreethans van Heerden en Metgesel maak gereeld ?n draai by verskillende kuierplekke in die Bronberg-gebied en betaal self vir dit wat hulle geniet ? of dalk nie geniet nie.

Toe Francesco nog sy Italiaanse restaurant op die Mooiplaatsplot met die fraai uitsig bedryf het, het Metgesel sonder skroom laat hoor dat dit haar gunsteling kuierplek in die Bronberg se wreld is.

Metgesel is baie partydig vir Italiaanse kos. Ek hou ook nogals daarvan, maar ek sal nou nie my geboortereg vir ‘n bord pasta verruil nie. Maar ons het destyds heel gereeld en heel lekker by Francesco gekuier en heel lekker geet ook.

Sedert Francesco sy vertrek geneem het, het ‘n nuwe restauranteur die plek oorgeneem en dit na die Tin Roof Caf herdoop. Ons trek een warm Maart-Saterdag by die Tin Roof in en sien dadelik dat dit nog mooi en netjies is aldaar.

Ek het my gereed gemaak vir ‘country cuisine’ soos wat Tin Roof dit adverteer, maar as dit enigsins moontlik is, is die plek nou meer Italiaans as wat dit in Francesco se dae was. Natuurlik is Metgesel hoog in haar noppies toe die Italiaansgeit van die spyskaart duidelik raak.


?n Rustige kuier in die tuin of onder die stoepdak van Tin Roof Caf

As jy nie vertroud is met Italiaanse geregte nie, sal jy maar die fyn verduidelikende skrif (Engels) onder die gereg se naam moet bestudeer. As jou Engels nie te goed is nie, sal jy maar moet vra of vat wat jy kry.

Saam met jou foccacia (nee, ou Jan ek vloek nie) kan jy ‘n tamatie pesto of olyf tapenade bestel. Die brood kos R25 en die pesto en tapenade is R14.

Voorgeregte sluit ‘n trc involtini teen R48 in. Die involtini is dungekerfde bees, eiervrug, mascarpone kaas en pesto. Die ‘trc’ is nie ‘truth and reconciliation commission’ nie. ‘n Aantal ander geregte spog ook met di voorletters en ek raai in totale onkunde dat dit ‘n soort gaarmaakimplement is.

Jy kan ook heerlik klinkende ‘pizza bombs’ teen R38, insalata di Caprese (slaai) teen R46, ‘n Toskaanse broodslaai teen R50 of ‘n ‘green Carpaccio’ teen R38 as voorgereg probeer. Ek ken Carpaccio as baie dungekerfde rou vleis of vis, maar wat weet ek? Di groene het murg van groente (zucchini) in, lees ek.


?n Varkensnek en besonderse pizza op ?n warm Saterdag

Ek gaan nie verder vertoef by die eg Italiaanse name en verduidelikings nie. Genoegsaam om te noem jy kan kus en keur uit pastadisse vir jou hoofgereg. Die taliatelli scampi (garnale) kos R85. Rigatoni aubergine met tamatie en ricotta kaas is R65. Trc (daar’s hy weer) ragu (vleissous) kos R78.

Ek oorweeg die ‘salmon envelope’ teen R105, die ‘rack of lamb’ (R105) of die ‘trc fillet’ teen R115 ? twee soorte, maar toe sien ek eers die spyskaart met ‘specials’ vir die dag en ek verstaan beter van die ‘country cuisine’.

Ek bestel ‘n oondgeroosterde varknek met laventel en heuning op kapokaartappels met groente en ek het lanklaas s lekker op ‘n Saterdagmiddag geet. Die nek is murgsag en smaaklik, in ‘n ryk bruin sous. Dit kos R85.

Metgesel het baie lank gevat om te besluit, uiteindelik vasgesteek by die aansienlike pizza-spyskaart en eindelik besluit op ‘n hoenderige een. Dit spog met brie, gerookte hoender snysels, soetrissie, ingemaakte vye en avokadopeer. Die kombinasie is volgens haar voortreflik en die pizzabasis perfek. Dit kos R75 vir die groot een.

As ons weer gaan sal ons by die nagereg begin.

Die Tin Roof sit langs die Mooiplaatsgrondpad. Jy kan van die ou Bronkie-pad of van die Boschkopteerpad se kant af kom.

Bel hulle by 072-367-5698. S gerus, Vreethans beveel hulle aan.

 

© 2019 Die/The Bronberger