Paul Jungnickelhuis hou entrepreneursdag PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 21 May 2008 00:00
Untitled Document

Die Paul Jungnickelhuis vir gestremdes hou op Saterdag 7 Junie van 9 vmtot 2 nm ’n entrepreneursdag. Produkte, wat handgemaak is deur die inwoners, is te koop en daar is ook ’n teetuin met vars gebakte koek en pannekoek, ponieritte en springkastele.

Die 138 volwasse gestremde inwoners werk die hele jaar aan die produkte wat hulle op dié dag verkoop. Baie inwoners is nie in staat om iets op hul eie te maak nie en word deur vrywilligers gehelp. Bemarker Daleen Botes vertel dat die gestremde inwoners, ongeag hul beperkte vermoëns en hulpbronne, steeds allerhande planne beraam om goedjies te maak om te verkoop. Die geld wat hulle maak met die verkoop van hul produkte is die enigste inkomste wat hulle self kan verdien.

Die entrepreneursdag-projek is in 2003 begin en word jaarliks gehou. Paul Jungnickelhuis is op plot 214, Zwavelpoort. Ry reguit oos met Lynnwoodweg-verlenging en jy sal die tehuis slegs 4.5 km vanaf die kruising van Hans Strijdomrylaan en Lynnwoodweg kry. Voldoende veilige parkering is beskikbaar.

Vir meer inligting kontak Daleen Botes by 012-809-0020/1 of 082-896-9267

.
Paul Jungnickelhuis se entrepreneursdag is om die draai

 

© 2019 Die/The Bronberger