Die kolgans word ’n gans genoem
omdat hy meer soos
die swaarder gans as ’n eend
in vlug lyk. Hy kry sy Engelse
naam, ‘Egyptian Goose’, omdat die
ou Egiptenare dié ganse as heilig
beskou het. Hulle het dié voëls
makgemaak en afbeeldings van
kolganse kan in baie ou Egiptiese
kunswerke gesien word.
Alhoewel dié ’n Afrika-gans is, pas
hulle goed aan in Europa. ’n Paar
kolganse is in die 1700’s na Brittanje
geneem en vandag oorleef ’n
populasie van omtrent 500 wilde
kolganse nog daar. Blykbaar is daar
ook so ’n kolonie wilde kolganse
in Nederland.
Die kolgans kom oor die algemeen
op klein dammetjies en poele
voor, maar kan ver van water af
aangetref word waar hulle op grasperke
wei. Hulle vreet gras, saadjies
en die blare en stamme van
waterplante en sal soms sprinkane
of wurms vreet.
Kolganse het goed aangepas in
stedelike gebiede en maak nes op
gholfbane, in parke, skoolgronde
en op geboue. In landelike gebiede
maak hul nes in digte plantegroei,
gate in kranse, bo-op ou
Hamerkop- of ander ou voëlneste
of binne-in gate in bome. Hulle
kan regdeur die jaar broei, maar
die piek van hul broeiseisoen is
gewoonlik van Augustus tot September.
Die wyfie lê vyf tot 12 gelerige wit
eiers wat 28 tot 30 dae vat om uit
te broei. Die kuikens verlaat die
nes na omtrent 70 dae. Hulle is op
twee jaar volwasse en kies dan ’n
lewenslange maat. In gevangeskap
kan kolganse tot 14 jaar oud word.
Die kolgans |
So lyk kolgans-kuikens |
Familie
Die kolgans, Alopochen aegyptiacus,
is ’n lid van die eend, gans en
swaan-familie Anatidae. Teen
63-73 cm is dié ligbruin watervoël’n bietjie groter as ’n tarentaal.
Hy het ’n ligte rooibruin mantel en
binnevlerke. Die boonste deel van
sy vlerke is wit met ’n nou swart
band oor die laaste ry vere. Sy
stert is swart met ’n metaalgroen
kleur. Die kop en nek is grys-bruin
wat afskaal na ’n romerige kleur op
sy bors en gryserige flanke.
Daar is ’n kenmerkende groot
rooibruin kol rondom die oog en
nog ’n bruin kol op die bors. Die
snawel is pienk met ’n bruin rand
en ’n swart punt. Die bene en
voete is ’n rooierige pienk.
Geluid
Mannetjies en wyfies
lyk dieselfde, alhoewel
die mannetjies ’n klein
bietjie groter is. Die
maklikste manier om
hulle van mekaar te
onderskei is om na hul
te luister. Dié voëls
roep nie gereeld nie,
maar sal luid skree as
hul bedreig voel of hul
gebied beskerm.
Die mannetjies maak ’n
blaasgeluid, terwyl die wyfie ’n
harde kekkelende geluid maak.
Die beste plek om dié verskillende
geluide te hoor is rondom hul
nes. ’n Paartjie is baie beskermend
teenoor hul gebied, veral die
nes, en sal indringers luidkeels verjaag. |