Maak gereed vir splinternuwe ?Dinge om te doen? Print E-mail
News - Kommentaar
Wednesday, 25 January 2012 07:40
Untitled Document

Lesers sit dié tyd van die jaar in opgewonde afwagting en gereedmaak vir Die Bronberger se jaarlikse ‘Dinge om te doen’ tema. Dit is die vyfde jaar wat ons Februarie-uitgawe gaan fokus op alles en nog wat om te doen in the Bronberg-gebied.

Die ‘Dinge om te doen’ tema het by verre die gewildste tema-artikels in die geskiedenis van Die Bronberger geword en adverteerders moet spring as hulle vanjaar deel van dié spesiale uitgawe wil wees.

Die idee is gebore uit die magdom navrae wat Die Bronberger bykans daagliks gekry het van mense wat wou weet waar hulle in ons gebied, byvoorbeeld, kon gaan kuier, uiteet, oornag, perdry, fietsry, visvang, wildkyk, wandel, piekniek hou en dies meer.

‘Dinge om te doen’ is in 2008 die eerste keer as tema-artikel gedoen om as gids te dien van alles en nog wat waarmee mense hulle in die Bronberg-gebied kan besig hou. Dit was van meet af aan ‘n reuse-sukses onder ons lesers. Terselfdertyd dien dit as bonus-blootstelling aan ons adverteerders wat moeilik elders oortref sal kan word.

Ons nooi alle ondernemings in ons gebied wat by dié tema kan inskakel, om vir ons lesers te vertel wat hulle daar kan doen. Adverteerders wat by dié tema inskakel kry ‘n gratis paragraaf redaksie in die artikel.

Lesers raadpleeg dié uitgawe van Die Bronberger jaardeur op ‘n gereelde basis. Ook adverteerders wat nie noodwendig deel vorm van ‘Dinge om te doen’ nie, vind baie baat daarby, omdat dié betrokke tydskrif ‘n uitsonderlike lang raklewe het, en gereeld oopgemaak word.  

Deur deel te word van ons ‘Dinge om te doen’ tema, maak jy nie net seker dat jou onderneming deur alle Bronbergers raakgesien word nie, jy kry ook blootstelling op Die Bronberger se webwerf met sy sowat 1 000 besoekers per dag.

Gaan kyk na ons vorige ‘Dinge om te doen’ tema-artikels by www.bronberger.co.za. Jy sal dit aan die regterkant van die blad kry. Hulle is die heel gewildste artikels in die ‘Gewild/Popular’ afdeling.

Maak baie seker dat jy en jou besigheid deel in die bonus-blootstelling wat ons Dinge-om-te-doen-uitgawe bied en bespreek nou jou advertensie. Dis die slim ding om te doen.

Om deel te word van ons ‘Dinge om te doen’ tema, bel vir Tania by 072-089-0227, ons kantoor by 012-734-0522 of stuur ‘n navraag na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .  

 

© 2020 Die/The Bronberger