Print E-mail
News - Kommentaar
Wednesday, 14 December 2011 08:04
Untitled Document

Dié Kersuitgawe is die laaste een van 2011. Ons sê dankie vir die ondersteuning, meelewing en vriendskap wat ons die afgelope jaar kon ervaar. Ons is bevoorreg om deel te kan wees van die baie spesiale Bronberg-gemeenskap.

Aanvaar ook asseblief ons opregte seënwense aan almal vir die Kerstyd. Ons sien daarna uit om ‘n opwindende en voorspoedige 2012 saam met ons lesers en adverteerders te geniet.

Soos gebruiklik dié tyd van die jaar, gaan ons ook ‘n bietjie afsaal. Die Bronberger se kantore sluit op 9 Desember 2011 en ons sal weer terug wees op 3 Januarie 2012.

Ons eerste uitgawe van die nuwe jaar sal ‘n bietjie later in die maand verskyn as gewoonlik en behoort op Woensdag 25 Januarie beskikbaar te wees. Teen daardie tyd behoort almal al weer volstoom en geesdriftig aan die gang te wees en kan adverteerders die nuwe jaar afskop met die maksimum blootstelling.

As julle reis, moet julle asseblief versigtig en veilig ry en as julle bly moet julle mooi en veilig bly.
Die sperdatums vir advertensies is Dinsdag 17 Januarie.

Adverteerders en lesers met enige navrae of wenke kan ons steeds in die vakansietyd bereik deur ons selnommers te bel: Tania: 072-089-0227, Angie: 083-959-1016, Gerhard: 082-377-6807.

 

© 2020 Die/The Bronberger