Raaisel om bebloede hempie duur voort PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 21 May 2008 00:00
Untitled Document

Die raaisel om die bebloede kinderhempie wat vroeg in Mei op ’n plotpad in Boschkop gekry is, het met Die Bronberger se saktyd nog voortgeduur.
Die bebloede hempie is vroegoggend deur Alta Strydom en haar ma gekry toe hulle vir hulle gereelde stappie spruit toe gegaan het.

Die hempie was met bloed deurdrenk en Alta het die Boschkopse polisie in kennis gestel. Die polisie het bevestig dat dit vars mensbloed is en ’n grootskaalse soektog is op tou gesit. Lede van die Boschkopse polisie, die honde-eenheid en die polisie se duikeenheid het aan die soektog deelgeneem. Volgens ’n polisieman wat op die toneel was kon die hempie aan ’n kind van tussen twee en vier jaar behoort het.

Selfs helikopters is ingespan om aan die soektog deel te neem, maar geen lig kon tot dusver op die raaisel gewerp word nie. Die moontlikheid dat iemand die hempie kon gebruik het om bloeding aan ’n wond te probeer keer, is ook ondersoek Geen kinders is teen druktyd as vermis in die gebied aangegee nie.

 

© 2019 Die/The Bronberger