?Ek het gesien toe goud aan die
Witwatersrand ontdek is.?
Dié is die bekende woorde van
wyle Hans van Staden van die
plaas Onbekend. Hans was die pa
van die Laerskool Witpoort se oudste
oorlewende leerling in ons
omgewing, tannie Willa Dreyer.
Hans was ?n skaapwagtertjie wat in
1886 op sesjarige ouderdom nuuskierig
saamgedraf het toe die
eerste goud ontdek is op die plaas
Langlaagte. Oom Hans het jare na
dié gebeurtenis vir koerante vertel
dat die ontdekker nie die veelgeroemde
George Harrison was
nie, maar ?n boer.
Ethel Gray, deskundige oor die ontdekking van goud aan die Witwatersrand, saam met Hans van Staden in 1951
Klip
Langlaagte het aan oom Hans se
oupa, Gerhardus Cornelius Oosthuizen,
behoort. Terwyl oom Hans
se pa met die skape in die veld
was, het hy ?n stukkie klip afgeskop
en saamgeneem huis toe. By die
huis was ?n sekere Peter Bernardus
de Ville besig om ?n kamer uit te
messel en toe hy die klip sien, wou
hy weet waar dit vandaan kom.
Oom Hans was saam toe sy pa die
messelaar gaan wys het. Hulle het
nog dele van die klip afgeslaan, dit
in Hans se ouma se vysel fyngestamp
en in een van haar broodpanne
in die stroompie gewas.
De Ville het dit wat in die pan
oorgebly het, in ?n koevert gesit en
is daar weg. Hy was kort daarna
terug met ?n groep mans wat
haastig was dat oupa Oosthuizen
?n kontrak moes teken.
Die sindikaat wat De Ville verteenwoordig
het, het die plaas gekoop,
maar die familie het dié geld verloor
toe dit buitgemaak is deur die
kakies met die Slag van Waterval
in die Anglo-Boere-oorlog.
Hans en Hannie van Staden in 1966, die jaar toe hulle 63 jaar lank getroud was
Onbekend
Hans het in dié oorlog geveg en is
daarna in 1903 met Hannie getroud.
Hans en Hannie het in 1924
die plaas Onbekend in die Bronberg-
gebied gekoop. Tannie Willa
was een van hul agt kinders wat
almal aan die Laerskool Witpoortskoolgegaan het. Sy het in 1925 in
graad een begin en in 1934 was sy
die enigste meisie wat standerd ses
daar geskryf het. Sy is daarna
Bronkhorstspruit Hoërskool toe.
Tannie Willa is in 1944 met Lucas
Dreyer getroud en al drie hulle
seuns en dié se kinders en
kleinkinders was ook in Witpoort
op skool.
Vandag woon sy al langer as 60
jaar in die opstal waar sy en haar
oorlede man as jong mense ingetrek
het.
Tannie Willa Dreyer van Onbekend se pa, Hans van Staden, het as kind gesien toe goud aan die Witwatersrand ontdek is
|