Trots en dankbaar Print E-mail
News - Kommentaar
Thursday, 22 September 2011 09:49
Untitled Document

Ons voel trots en ons is dankbaar. Trots daarop dat ons as onafhanklike gemeenskapstydskrif reeds nege jaar in die soms ongenaakbare wêreld van die publikasiewese kon voortbestaan en selfs kon groei.

En dankbaar teenoor elke lid van die gemeenskap van die Bronberg-wêreld en teenoor elke adverteerder wat ons ondersteun het en nog ondersteun.

Staatmakers Tania Potgieter, Jeanette Janse van Rensburg, Elsabé Maré en Seriti Drukkers verdien ook vandag ons dank.

En ons is veral ook dankbaar vir die gesondheid van liggaam en verstand waarmee ons geseën is om gestalte aan die Bronnie te kan gee.


Gerhard en Angie Kleijn, eienaars / uitgewers / redaksie

 

© 2020 Die/The Bronberger