Verjaar en wen saam met die Bronnie! Print E-mail
News - Kommentaar
Tuesday, 23 August 2011 15:16
Untitled Document

Maak gereed vir ‘n baie spesiale uitgawe van Die Bronberger in September! Ons word ‘n hele nege jaar oud en ons vier dit met ‘n verjaarsdag-uitgawe wat beloof om alle voriges te oortref.

Alle adverteerders en lesers word hartlik genooi om deel te wees van dié besonderse Bronnie, waarvan ‘n groter oplaag gedruk gaan word.

Deur die jare is ons verjaarsdag-uitgawes in September telkens met geesdrif ontvang en baie goed ondersteun.

Dit is reeds duidelik dat hierdie jaar geen uitsondering gaan wees nie. Ons is gereed om ‘n buitengewone versamelaarsitem op die rakke te sit wat vir waardevolle, volgehoue blootstelling van die advertensie- en redaksionele inhoud sal sorg.

Ons bly trots daarop dat Die Bronberger, as onafhanklike publikasie, nou nege jaar oud word. En ons is dankbaar vir die deurlopende ondersteuning van ons adverteerders en vir die ongekende meelewing van die gemeenskap van ons gebied.

Om ‘n glanstydskrif binne ‘n geslote gemeenskap, sonder die rugsteuning van enige groot korporatiewe- of ander organisasie uit te gee en oor ‘n tydperk van nege jaar stewig te bly staan, wil gedoen wees.

Ons wil almal wat in die laaste nege jaar gereeld of net soms in Die Bronberger geadverteer het, nooi om ons verjaarsdag saam met ons te vier deur ‘n advertensie in September se bielie-uitgawe te plaas.
En as jy nog nooit in Die Bronberger geadverteer het nie, is hierdie die ideale geleentheid om te ervaar wat dié gewilde gemeenskapstydskrif vir jou kan beteken. Jou advertensie gaan in ‘n versamelstuk verskyn wat vir blootstelling oor maande en selfs jare heen sal sorg.

Bespreek nou jou plek
Kontak Tania by 072-089-0227 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Skakel ons landlyn by 012-734-0522 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2024 Die/The Bronberger