Daar is hoop vir beseerde geveerdes PDF Print E-mail
News - Ons Omgewing
Tuesday, 23 August 2011 14:57
Untitled Document

Wat gemaak as jou worshondjie ‘n Hadeda gevang het. Frikkie en Hilde Kleyn van Skukuzalaan, Faerie Glen se piepklein worshond Knakkie het ‘n hadeda gevang wat blykbaar elke dag sy kos kom steel het.


Knakkie, die worshond

Gelukkig het die hadeda nie gesneuwel nie en is die reddingsinstansie, Wings in Need wat beseerde voëls en wesies rehabiliteer, genader. Die organisasie is in 1985 deur Emsie Mohr by haar huis in die oostelike voorstede van Pretoria gestig.


Hilde Kleyn saam met die hadeda wat Knakkie, Frikkie en Hilde se worsie, gevang het

Deur die jare het Emsie bekend geraak as die Voëlvrou van Pretoria. Sy is 365 dae ‘n jaar, 24 uur ‘n dag op roep en bekend vir haar toewyding om wilde voëls te red. Geen voël word weggestuur nie en Emsie maak gebruik van ‘n wye kring pleegouers wat help om die voëls wat by Wings in Need se hospitaal gesond geword het, in groenbelt-gebiede rondom Pretoria vry te laat.


Emsie Mohr, stigter van Wings in Need, saam met ‘n onvolwasse slangarend

Vir meer inligting, bel Emsie by 083-290-2326.

 

© 2019 Die/The Bronberger