Witborskraai-raaisel PDF Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 21 May 2008 00:00

Sarie van Zwavelpoort skryf:

Ek wonder of iemand dalk hierdie raaisel vir my kan oplos. Hoekom is dit dat witborskraaie net in Mei in Zwavelpoort voorkom?Ons het in Mei 1999 hier ingetrek en het dadelik agtergekom hoeveel witborskraaie hier is. Later in die winter was hul egter vort. Hulle het sedert 1999 elke jaar weer in Mei hier verskyn, net om soos groot spelde vir die res van die jaar te verdwyn.

Gewoonlik is Mei ’n baie lekker maand hier in ons wêreld, die wind is dan stil en die temperature matig. Jy sou kon dink dat kraai se kind oor die lekker weer kom kuier, maar hierdie jaar was dit nat en koud en tog val hulle weer hier uit.

 

© 2019 Die/The Bronberger